Breederivier
Year 16 • 3 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212
Lees binne
Kos vir die siel:
Montagu gaan in die volgende paar weke baie bedrywig wees op kultuurgebied. Die Breytenbachfees vind vir die eerste keer van 13 tot 15 Julie plaas en direk daarna word die Montagu Jeugkunstefees aangebied. Dié fees, nou die MMADD-fees genoem, begin op 18 Julie met musiek en dans in die NG Kerksaal, kore wat op 20 Julie in die NG Kerk optree, die drama-opvoerings op 25 Julie by die Laerskool Montagu, die baldanse en Latynse danse op 27 Julie en die prysuitdeling en vertoning deur die George Musical Theatre Academy daarna. Een van die hoogtepunte van die fees is die vertoning deur die Zeynep-balletgeselskap uit Turkye (foto). Die dansgroep se optrede by die fees word geborg deur die Turkse ambassade. Foto: Verskaf
Bekende skrywers trek dié maand op Montagu saam. BLADSY 2
Raai wie is binnekort op die wêreldwye web? BLADSY 3
Talentvolle sportster wil eendag vloot toe. BLADSY 12
Melkboere geruk DAVID ENGELBRECHT
’n
SKIELIKE verlaging van tussen 50 en 75c per liter in die prys waarteen een van die land se grootste melkkopers melk by produsente aankoop, het boere erg bekommerd oor hul toekoms. Dit is selfs as ’n “blatante klap in die gesig” beskryf. Die aankondiging verlede week dat DairyBelle minder vir melk gaan betaal, het opslae in die bedryf veroorsaak. Produsente probeer daarteen vasskop,
maar boere met wie die Gazette gepraat het, was nie gewillig om hul name te laat publiseer nie uit vrees dat hulle geteiken sal word en vennootskappe skipbreuk sal ly. Boere in die Langeberg-omgewing het gesê dat daar nou koppe bymekaar gesit moet word om hierdie besluit teen te staan en dat vrese bestaan dat ander melkkopers DairyBelle se voorbeeld kan volg. Die voorsitter van die Melkprodusenteorganisasie (MPO), Dèan Kleynhans, het gesê dat die prysverlaging volgens hul inlig-
Weer • Weather
ting “nie in lyn is met die marktendense nie”. Volgens Bertus de Jongh, lid van die MPO, is die rede wat die koper vir sy besluit aangevoer het dat daar tans te veel melk is. “Dit klop egter nie met ons syfers en inligting nie en dis hoekom ons daaroor objekteer.” Jacques Fourie, hoof- uitvoerende beampte van DairyBelle, het bevestig dat hulle hul aankoopprys verlaag het. “Daar moet weer ’n balans gebring word met die pryse,” het hy in sy kommentaar gesê. “Melk se
pryse het in die afgelope jaar (April 2011 tot April 2012) geweldig gestyg, ver bo die inflasiekoers. Daaglikse (melk)produksie het opgegaan, maar die aanvraag het nie in dieselfde mate gestyg nie.” “Ons melkprodusente kom nou uit ’n baie slegte tyd waarin pryse vir bykans vier jaar op besonder lae vlakke was,” het Kleynhans op sy beurt gesê. “Produsentepryse het eers van November 2011 af weer begin herstel. Daarbenewens is produsente vir ’n geruimte tyd al vas-
DINSDAG / TUESDAY
WOENSDAG / WEDNESDAY
DONDERDAG / THURSDAY
VRYDAG / FRIDAY
Maks 21ºC
Maks 15ºC
Maks 19ºC
Maks 16ºC
gevang in ’n erge kosteknyptang weens die deurlopende styging in pryse van voer, brandstof en elektrisiteit.” De Jongh het gesê dat boere “erg bekommerd is oor hul toekoms” weens ’n wye reeks faktore die afgelope jaar wat reeds meegebring het dat boere min hoop het. Een boer van Robertson het na die situasie verwys as ’n mynveld. “Met die mark soos hy nou is, kan hierdie besluit in ’n ramp ontaard.” Lees nog ’n berig op bl. 3.
Naweek: Bewolkte, reënerige weer word vir die naweek voorspel. Temperature gaan na verwagting net bo die 10 °C-merk draai.