Breederivier
Year 17 • 3 September 2013 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Humeure vlam op by hof HILDERINE SCHRÖDER
Die polisie op Ashton moes verlede Woensdag (28 Augustus) ’n skokgranaat gebruik om woedende betogers buite die hof in bedwang te bring. Volgens kapt. Sylvan Smith, polisiewoordvoerder, het van die sowat 150 betogers die voertuig van Johnny Burger en Wilhelm Treurnicht met klippe gegooi. Die motor is ook omsingel en heen en weer geskud. Burger en Treurnicht staan tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer ná die beweerde aanranding van Flippie Engelbrecht (19) in Januarie 2008. Engelbrecht het na bewering bloeding op die brein opgedoen en kry sedertdien, ná ’n operasie om dit reg te stel, epileptiese aanvalle. Tydens een só ’n aanval het hy na bewering in ’n vuur-konka geval wat daartoe gelei het dat hy albei sy hande verloor het. Die saak is tans skerp in die kollig ná ’n persverklaring vroeër landwyd sowel as internasionaal begin sirkuleer het.
Hierin versoek Carina Papenfus van die organisasie Freedom Trust dat die Rietvallei Wynlandgoed, waarvan Burger die eienaar is en waar die beweerde aanranding gebeur het, geboikot word. Papenfus het ook ná verlede week se hofverskyning beweer die beskuldigdes kry voorkeur-behandeling daar. Charmaine Pekeur, kantoorbestuurder van die hof op Ashton, het gister in reaksie hierop gesê dat sy in geen opsig betrokke was by hofverrigtinge nie, en dat sy daarom nie in ’n posisie is om enige kommentaar te lewer nie. Intussen het Richard van As, ’n skrynwerker van Randburg in Gauteng, wat self in 2007 vier vingers in ’n werksongeluk verloor het, hom oor Engelbrecht ontferm en vir hom kunshande gemaak. Dié robothand maak gebruik van rekkies en toutjies om die vingers aan die kunshande te laat werk. Volgens Papenfus kom Engelbrecht reeds goed reg met sy kunshande. Die saak is tot 13 September uitgestel. Bron: Worcester Standard
FOOD, WINE AND LOTS OF ENTERTAINMENT: More than 400 locals and visitors flocked to the McGregor Food and Wine Festival on Saturday to enjoy the best this historic town has to offer. But visitors were not only treated to the best wine and cuisine, but also top-notch entertainment by pupils of the McGregor Waldorf School who went all out. According to Mira Weiner, tourism officer at McGregor Tourism, the festival was an “absolute success despite the weather”. “We were thrilled with the outcome!” PHOTOS SUPPLIED