Breederivier Gazette 7 August 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 7 Augustus 2012 | Tel. 023 626 5212

Verwaarloosde watertenks bekommer DALEEN FOUCHÉ TEKENS van verwaarlosing by twee van Bonnievale se drie wateropgaartenks het Bonnievale-inwoners warm onder die kraag. Frikkie Joubert, ’n inwoner van die dorp, sê hy is al moeg gevra vir die munisipaliteit om aandag aan die tenks te gee en is bekommerd oor die stand van die water in die twee tenks. Hy sê hy het by twee geleenthede besoek afgelê aan een van die opgaartenks en gevind dat die deksels oopgelaat is en die heining plat lê. “Enigiemand het vrye toegang.” Op Saterdag 21 Julie het Joubert die oudste opgaartenk op die dorp gaan ondersoek. Hy sê die asbesdak het ’n gat “so groot soos ’n sokkerbal”, die houtluik staan oop en die houtdeur was weg. “Toe ek by die luik inloer, vlieg daar twee kransduiwe uit.” Joubert sê verder dat die tenk se omheining ’n paar jaar gelede al gesteel is en die laaste swaar ysterpale is die afgelope maand weggedra. Joubert sê hy is verder bekommerd oor die kwaliteit van die water. Volgens hom is inwoners moeg vir die modderige kraanwater wat klere en materiaal vlek. “Alhoewel ons nie paaie met brandende motorbande gaan versper nie, sal ons wel ander opsies moet oorweeg. Verskonings van die munisipaliteit dat geld nie beskikbaar is nie, is nie aanvaarbaar nie.” )) Die Breederivier Gazette het navraag oor die watertenks by die Langeberg Munisipaliteit gedoen, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Bloeisels:

Dié vrugteboord buite Bonnievale spog reeds met pragtige lentebloeisels.

Foto: Daleen Fouché

Melk-oorlog woed voort DAVID ENGELBRECHT

M

ELKPRODUSENTE is steeds in ’n hewige twis met melkkopers gewikkel. Met die mark wat reeds baie onbestendig volgens kenners is, kan hierdie situasie net meer problematies raak. Een van die mees onlangse verwikkelinge sluit in ’n melkkoper wat die betaling vir gelewerde melk teruggehou het nadat verskeie produsente oorgeskuif na ’n ander koper. Volgens Dèan Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusenteorganisasie (MPO), kan hierdie beskou word as ’n groot terugslag vir die melkboere wat vanjaar reeds onder soveel probleme deurgeloop het. Dit volg kort op die hakke van

Weer • Weather

DairyBelle, Clover en Parmalat wat in Julie vanjaar die prys waarteen hulle melk by produsente oorkoop, tussen 20c en 75c per liter verlaag het. Volgens Kleynhans het hierdie terughouding van geld vir melk wat reeds gelewer is, nie enige vatplek op enige etiese redes nie en dat hierdie besluit nie verdedig kan word nie. Dit is skokkend en verbasend, het hy bygevoeg. Bertus de Jongh, uitvoerende beampte van die MPO, sê dat talle produsente oorgeskuif het na ander kopers toe as gevolg van die prysverlagings. Dit is ’n aanduiding dat sekere kopers ’n droogte ervaar het. Hy het ook gesê dat dit nou belangriker as ooit is vir melkkopers om hul rou voorraad beter

te bestuur om volhoubaarheid binne die mark te verseker. Boere uit die Boland, wat verkies het om anoniem te bly, juis weens die sensitiwiteit van onderhandelings en probleme met kopers, het vertel dat hierdie situasie die potensiaal het om in ’n fiasko te ontaard. “Ek het juis oorgeskuif na ’n ander produsent, omdat hy vir my ’n beter prys kan bied. En toe word my geld teruggehou. “Ná talle oproepe kon ek steeds nie ’n geldige antwoord kry oor hoekom my geld teruggehou is nie,” het een gesê. De Jongh en Kleynhans doen ’n beroep op kopers om die pryse waarteen hulle melk aankoop, regverdig en verantwoordelik te bestuur, ook in hierdie tye waar die mark steeds onbesten-

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 14ºC

Maks 15ºC

Maks 20ºC

Maks 18ºC

dig is. Kleynhans glo dat hierdie “onverwagse produsentprysverlagings wat in teenstelling was met marktendense” tot gevolg kan hê dat die mark onbestendig is. “Die mark lyk redelik normaal vir dié tyd van die jaar, behalwe dat ons baie invoer as gevolg van melktekorte, maar snaaks genoeg voer ons meer uit as wat ons invoer,” verduidelik De Jongh. “Ons produseer natuurlik meer melk in die somer as in die winter en gewoonlik het ons dan weer ’n klein surplus in die somer. “Ons verwag dit gaan hierdie jaar weer dieselfde wees. Volgende winter sal ons uiteraard weer ’n tekort verwag.”

Naweek: Bewolk met verspreide reënbuie word voorspel. Temprature sal na verwagting tussen 13°C en 15°C wissel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.