Drakenstein
• Bouers Gereedskap • Elektriese Gereedskap • Tuin Gereedskap • Skoonmaak Masjiene • Sleepwaens • Masjiene Repair & Helicoil Service • Draaibank/Milling Werk; TIG/MIG Welding WELLINGTON, 12 VERSAILLES ST 021 873 2222
X1PTX9CR-GZ170415
Year 5 • Friday 17 April 2015 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365
www.bolandgazette.co.za
In the Paarl Post ) Fury over painted Murray ) One year after police murder ) Driest summer in years and yet no rain ) De Kraal to be developed
Veiligheidsplan vir Paarl-Oos 2 Brain awareness
3 Young Peoples val vas
8
Paartjie kry troue onder die sterre
LIEZL DAVIDS
Op Donderdag 9 April kon Mickey van Staden en Willem Olivier die knoop deurhak in styl. Dié paartjie wat vir byna 20jaar haweloos is, was verras met ’n pragtige troue nadat hulle sowat drie weke gelede vir Ralph Cupido, eienaar van The Hunting Pot, vertel het dat hulle wil trou. “Mickey en Willem slaap op my winkel se stoep en hulle het vir my vertel dat hulle by Binnelandse sake gaan trou. Ek het gevoel dat hulle ten minste met pitkos gelaat moet word op hul troudag en ek het vir pastoor Gerald Abrahams gevra of hy hulle sal trou,” het Cupido vertel. Cupido het vir die paartjie gesê dat hy R1 000 nodig sal hê om vir hulle ’n troue te kan gee. Min het hy en die paartjie geweet dat hulle soveel ondersteuning van die gemeenskap sal kry. Talking Heads het Mickey se hare en grimering gedoen en sy kon haar ook aantrek in dié salon. Flowers by Lee het die blomme geskenk, Paarl-Oos Super-
spar het kaaskoeke en kolwyntjies geskenk, Karah’s het die klere teen afslagprys verhuur, Benjamin’s Busdienste het koek en koeldrank gegee, Magda se Sopkombuis het bestanddele vir die voorgereg geskenk, Willy’s & Gallico het ’n mat voorsien en Gershwin Balie het die geleentheid op kamera vasgevang. “Dit was goed om te sien hoe die gemeenskap saam kom om vir Mickey en Willem ’n mooi troudag te gee.” Die seremonie en onthaal is gehou op die oop stuk land, ook bekend as De Kraal, oorkant Cupido se besigheid. Die tafels was pragtig gedek en gaste kon ’n drie-gang maaltyd geniet en onder die sterre saam met die paartjie feesvier. Die voorgereg was groentesop en vetkoek, die hoofgereg was groente, kerrie en rys, steak, varktjops, hoender, wors, mielies en patat. Die nagereg was kaaskoek, koek en kolwyntjies. Cupido wil ook sy personeel bedank vir hul hulp met die troue.
Mickey van Staden en Willem Olivier het op 9 April getrou. FOTO: LIEZL DAVIDS
Tel: 021 872 1617 Fax: 021 872 6558
OPEN DURING LOADSHEDDING
Valid from Friday 17 April till Saturday 18 April 2015
WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES.
OPEN SATURDAYS UNTIL 17:00
Combo: 1 Pkt Onions 7kg & 1 Pkt Potatoes 7kg
Both for
R50
Carrots 3 pkt for
R10
FIND US ON
facebook.com/paarlmarket
Mushrooms 250 g
R8,99 English Cucumbers
4 for
R20
X1Q0080H-GZ170415