Drakenstein gazette 21 feb 2014

Page 1

Drakenstein

Year 4 • Friday 21 February 2014 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

In the Paarl Post ) Two drown in same pool ) Gun-shots fired at prison warders ) New sewerage pipeline on track ) Win luxury house in lottery

Minister besoek Paarl 2 Karwasman trou

3 C’Hill klop Parel Vallei 8

Opslaan­sinkhuise in vlamme

Nadat ’n brand agt opslaan-sinkhuise in Piet-my-vroustraat Sondagoggend ongeveer 02:20 in puin gelê het, het Drakenstein-munisipaliteit in samewerking met Cooperative Governance (CWP) die terrein skoongemaak. FOTO: DEVIDEAN MOSES

DEVIDEAN MOSES Na nog ’n brand wat vroeg verlede Sondagoggend agt wonings in Piet-my-vroustraat, Amstelhof, verwoes het, word daar nou kwelvrae deur die gemeenskap gevra oor die ontstaan van die brand. Volgens Drakenstein-brandweer is agt sinkhuise in die brand in puin gelê, waarna 32 mense ha-

weloos gelaat is. Die brand het niks in sy pad gespaar nie: nie ’n selfoon, klere, meubels of identiteitsboekies nie. Twee pitbull terriërs is dood en twee motors, een motorfiets en een lorrie is ook deur die brand beskadig. Die honde was vermoedelik agter huise vasgeketting. “Ek het alles in tien minute verloor. Al ons besittings is tot as verbrand.” Só vertel ’n brandslagoffer, Catherine de Wee.

“Omdat dit so verskriklik warm Saterdag was, het ons eers baie laat gaan slaap. Later die nag word ek wakker toe ek hoor dat my seun na my skree. “Ek het opgestaan en die deur oopgemaak en meteens net vlamme gesien. Ek het paniekbevange geraak en gesorg dat almal van ons uit die huis vlug na veiligheid.” Verder vertel sy dat hulle gegil het na aangrensende inwoners om hulle van die gevaar te waarsku.

“Ons moes amper deur die vlamme hardloop om bure wakker te klop wat nog geslaap het. Gelukkig is niemand in die brand beseer nie,” sê sy. Volgens nog ’n brandslagoffer, Winston Arnoldus wat in die agterplaas van een van die inwoners gewoon het, het hy gehoor hoe die asbes van een van die dakke skiet, dit is toé dat hy na buite gehardloop het. “Ek is so dankbaar dat ek nog

lewe, want die rookwolke was taamlik dik om my en die vlamme hoog toe ek gevlug het,” vertel hy. Drakenstein-brandweer het kospakkies en komberse aan die gesinne uitgedeel. Die omstandighede waaronder die brand ontstaan het is egter steeds onduidelik en inwoners wil weet of ’n onverantwoordelike buurpersoon dalk hiervoor verantwoordelik was. “’n Brand begin nie van self nie.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.