Drakenstein gazette 22 nov 2013

Page 1

Drakenstein

Year 3 • Friday 22 November 2013 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

In Paarl Post ) All the flooding drama ) Young rugby star killed on the road ) Hi-jacking in Paarl Main Street ) Paarl can be top tourist spot

Posmeester maak CD 3 Gazette-wenner

4 Spoilers beat Nederburg 8

Pasiënte kwaad oor lang wag

LIEZL DAVIDS Pasiënte wat die afgelope tyd die Dalvalekliniek in Groenheuwel besoek het, was omtrent omgekrap toe hulle in ’n lang ry buite die kliniek moes wag. Dít kom nadat die departement van gesondheid die Lean-stelsel hiér ingebring het. Volgens Manda Boonzaaier het sy Dinsdagoggend reeds voor 07:00 in die ry gestaan, omdat sy haar siek kleinkind kliniek toe moes neem. “Dit is mos nie reg dat ons so lank buite in ’n ry moet staan om gehelp te word nie. Ek moet nog gaan werk en dit is al nege uur. Niemand kom eers uit om vir ons te verduidelik wat aangaan nie.” Boonzaaier en nog ander pasiënte by die kliniek meen dat dit onregverdig is om van siek persone en mammas met babas te ver-

wag om vir ure buite in ’n ry te staan. Nomsa Makhanyane voel dat daar ten minste aan hulle stoele voorsien kon word om op te sit, of gazebo’s vir skaduwee. “Daar is nêrens kennisgewings op om te sê hulle het met ’n nuwe stelsel begin nie.” Volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid: Kaapse Wynlanddistrik, word dieselfde stelsel nou in werking gestel as die een by TC Newman daghospitaal. “Die implementering van ’n afspraakstelsel by baie van die klinieke in die gebied sal lei tot korter wagtyd tydens jou besoek by jou kliniek. Die Lean-stelsel het by Dalvalekliniek aan die einde van Oktober begin en is steeds in die baie vroeë en mees ongemaklike stadiums.” In die verlede is kliënte gehelp op ’n eerstekom-eerste-bedien-basis en dit het daartoe gelei dat kliënte reeds vroegdag by die kli-

niek opgedaag het. Dit het op sy beurt egter gelei tot ’n oorvol kliniek en kliënte wat lank moes wag. “Die doel van die afspraakstelsel is om gereelde besoekers aan die kliniek, met ander woorde, diegene wat die fasiliteit besoek vir opvolgsorg soos ’n swanger pasiënt, ’n spesifieke tyd te gee wanneer hulle by die kliniek moet wees.” Otto verduidelik dat kliënte slegs 10 tot 15 minute voor hul afspraak kan opdaag. “Moeders wat hul siek babas bring na die kliniek, moet asseblief dadelik die kliniek in kennis stel.” Volgens Otto is die departement bewus dat die onderdak-gebied te klein is en is hulle besig om na ander opsies te kyk. Sy sê pasiënte wat van Wellington CDC en Huis McCrone se klinieke gebruik maak moet kennis neem dat dieselfde stelsel binnekort daar geïmplementeer sal word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.