Vyf sterf in Broadlands Parkbrand
Vyf mense is dood en twee gehospitaliseer ná ’n brand gister (Maandag) in Broadlands Park. FOTO: JAMEY GORDON
JAMEY GORDON Vyf mense, waaronder twee kinders, is gister (Maandag) dood in ’n brand in Broadlands Park. Twee mense is gehospitaliseer ná die brand by drie informele strukture in Fernstraat uitgebreek het. Volgens Theo Layne, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het die brandweer omstreeks 00:51 op ’n op-
roep reageer. “Die brand het vermoedelik ontstaan as gevolg van die inwoners se besittings wat deur ’n sigaret vlam gevat het en versprei het,” het Layne verduidelik. Volgens Layne is vyf mense dood en is twee slagoffersmeternstigebrandwondeindiehospitaal opgeneem. Met Helderberg Gazette se besoek aan die toneel, het bure en talle ander inwoners van Broadlands Park saamgedrom en in ongeloof nadieoorblyfselsvandiedrieinformelestruk-
ture asook ’n uitgebrande voertuig op die perseel gestaar. Volgens Jan Links, ’n inwoner wat ook op die toneel was, het Sarie van der Ross, Willem van Niekerk, Flippie van der Ross, en Antonio en Fiola Titus in die brand gesterf. Links is ’n neef van Sarie van der Ross. Volgens hom is Tony en Veronique Titus
later met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem. Mense wat in die omgewing woon het gesê die familie was welbekend in die gemeenskap. Die Strand-polisie het ’n nadoodse ondersoek ingestel. Persone met inligting kan die ondersoekbeampte AO Johan Bresler by 021 854 9100 bel.