Helderberg
Year 16 • Tuesday 17 July 2012 | Tel. 021 853 0211
Christmas in July Deputy principal Nkosinathi Mdleleni teaches maths to the pupils at the new Christmas Tinto Primary School in Nomzamo. The school opened for the start of the third term on Monday. Its 20 mobile classrooms accommodate just under 800 pupils, who have moved from the overcrowded ACJ Phakade Primary in Lwandle. PHOTO: NICOLE MCCAIN
Sir Lowry’s se lot Ná ses vergaderings met die Stad Kaapstad, is die 52 gesinne in Sir Lowry’s Pass wat die ergste deur wintervloede geraak word, nog steeds onseker of hulle gaan verhuis. Die Stad het belowe om die 52 gesinne wat onder die vloedlyn woon na hoër grond op erf ST 1154-31 te verskuif, maar sommige weier om te skuif omdat hulle nie die verskuiwing kan bekostig nie. Sondag het die Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille en die WesKaapse premier Helen Zille by ’n openbare vergadering terugvoering gegee oor swak dienslewering wat tot die protes in Meimaand gelei het. By dié vergadering, het De Lille gesê die gesinne sal voorsien word van beginners-boumateriaalpakke so-
wel as vragmotors en werkers vir die vervoer van die materiaal. Die Gazette het op 3 Julie berig dat, volgens die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettingsraadslid Ernest Sonnenberg, van die gesinne egter huiwerig is om te verhuis omdat hulle voel die boumateriaal is ontoereikend om hul huise te herbou. “Sommige van die huise staan reeds vir 20 jaar en families van nege woon daarin. Hoe gaan mense huise bou as hulle nie geld het nie?” wou Dolphina Steenkamp, voorsitter van die Sir Lowry’s Pass Ontwikkelingskomitee weet. Volgens De Lille is ’n opvolgvergadering met die gesinne vir Donderdag geskeduleer om elkeen se behoefte aan spykers, houtpale en dakplate vas te stel.
Sonnenberg sê die verskuiwing is slegs tydelik, soos ander gevalle waar die behuisingsdirektoraat mense wat deur die oorstromings of ander rampe geraak is, verskuif het. Sonnenberg kon nie bevestig hoe lank die families op dié grond sou bly voordat permanente behuising beskikbaar gestel sou word nie. Hy sê die Stad kan net die verskuiwing van dié 52 families begin beplan. Op hierdie perseel sal daar later 200 erwe beskikbaar gestel word met water, krag en ’n rioolstelsel. Sonnenberg sê die erwe sal aan elke individuele huishouding behoort en hulle sal dit self kan ontwikkel. Hy sê die erwe wat volledige dienslewering sal hê, is deel van ’n HOP-ontwikkeling. ’n Tweede fase sal op ’n later stadium volg wanneer die gebied al die
infrastruktuur in plek het. Volgens Seth Maqetuka, uitvoerende direkteur van menslike nedersettings vir die Stad word ’n verdere 100 erwe vir die Rastakamp (erf 911) beplan. Dié grond wat aan die provinsiale regering behoort, is onlangs aan die Stad Kaapstad oorgedra. Die stad onderhandel tans met die departement van openbare werke vir 50 ha in die Pinetown-omgewing. Dié grond, tesame met grond wat aan Transnet behoort, sal aan hulle geskenk word, sê Maqetuka. Die vier eiendomme sal gesamentlik 600 behuisingsgeleenthede skep.
Whatdoyousay?
32513
SMS
usat
SMSescostR1
Burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille (bo), burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings Ernest Sonnenberg en die Wes-Kaapse premier Helen Zille het Sir Lowry’s Pass Sondag besoek. FOTO: NICOLE MCCAIN