Helderberg
Year 17 • Tuesday 8 October 2013 | Tel. 021 853 0211
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Skoolseun (11) sterf tragies JAMEY THOMAS
’n Fratsongeluk waarin 11-jarige Samkelo Nyalela van Macassar Village dood is, word verbind met die lyk van ’n 23-jarige man wat in Smartie Town ontdek is. Die lyk van Riaan Skrywer is Donderdagoggend (3 Oktober) voor in die bebloede passasiersitplek van ’n blou Toyota Conquest gevind. Volgens die Macassar-polisie het Skrywer as gevolg van ’n gebreekte nek gesterf, en toon die nadoodse ondersoek dat sy kakebeen ook vergruis is. Die Macassar-polisie het voorts gesê Skrywer en nog vriende het van ’n “after party” van die Hoërskool Eersterivier se matriekafskeid gekom. Die polisie sê ooggetuies het omstreeks 06:44 die blou motor, wat vinnig in Kramatweg aangekom het, gewaar en gesien hoe Skrywer voor by die venster uitgehang het. Skrywer en die ander insittendes wou vermoedelik vir Nyalela, wat in die geellyn op pad skool toe geloop het, skrik maak toe Skrywer se kakebeen Nyalela se kop getref het. Die motor – wat volgens die polisie aan ’n man wat by die L-woonstelle woonagtig is, behoort – het aanhou ry in die rigting van Macassar.
Mamsi Ndwebi walks through the remains of a fire in Rastakamp, Sir Lowry’s Pass, in which a woman died in the early hours of Saturday morning. Riaan Skrywer se lyk is in die blou Toyota Conquest in Bilberrystraat, Smartie Town gevind.
Volgens die Macassar-polisie is Nyalela op die toneel dood verklaar en bevestig die nadoodse ondersoek dat sy skedel gebreek is. Malixole Maseti (44), Nyalela se pa het gesê sy seun was ’n gr. 4-leerling by die St. Paul’s Primêre Skool in Faure. Hy het elke oggend om 06:30 hul huis in Thomas Sibangustraat verlaat om skool toe te gaan. Min het hy geweet dat dié oggend die laaste sou wees dat hy sy seun lewend sou sien. “Samkelo was ’n goeie, gehoorsame kind wat lief was vir skoolgaan. Nou is hy weg, en ek sal hom nooit Samkelo Nyalela weer terug kry nie,” het ’n hartseer Maseti herhaaldelik gesê terwyl hy ná die ongelukstoneel gestaar het. “Samkelo was nie ’n stout kind nie en was nooit onbeskof nie. Hy was ’n gelukkige jongman met ’n hart van goud.” Dié tragiese voorval het ou ’n Hartseer Malixole Maseti (44) staar in ongeloof na die ongelukstoneel wonde oopgemaak vir Diane Volminck, skoolhoof van St waar sy seun Samkelo Nyalela (11) vir dood agtergelaat is.
FOTO: IAN BAARD
Paul’s Primêre Skool. “Ek weet presies hoe dit voel as ’n ouer ’n kind verloor, en my hart bloei vir Samkelo se ouers,” het Volminck, wie se dogter ook 11 jaar gelede in ’n motorongeluk gesterf het, gesê. “Samkelo was ’n oulike, koddige gr. 4-leerling wat akademies sterk was en nooit afwesig was nie. Hy word nie net deur sy medeleerlinge gemis nie, maar ook deur die onderwysers.” Volminck het voorts gesê dat ’n sielkundige van die onderwysdepartement die skool besoek het om berading aan die leerlinge te bied. Weens hul finansiële omstandighede is die Maseti-gesin steeds onseker wanneer die gedenkdiens vir hul seun sal plaasvind. Hulle beoog wel om dit dié week te hou waarna Samkelo se lyk na die Oos-Kaap geneem sal word vir sy begrafnis. ’n Saak van strafbare manslag, asook ’n saak van moord word ondersoek en mense met inligting kan ao.Carl Rosenberg by 021 857 7108 bel.
PHOTO: DELIAH BRINKHUIS
Woman dies in shack fire A woman (49) died when four informal homes in the Rastakamp caught fire in the early hours of Saturday morning. Three homes were destroyed and a fourth partially damaged in the fire that killed Lena Dikane. Fifteen people, including a toddler, were left homeless. A neighbour, Danielle Muller, says she was woken up by a loud commotion just before 01:00. “When we came out, three men were kicking down the door of Dikane’s burning home,” she told the Helderberg Gazette. Muller says a man believed to be Dikane’s boyfriend was saved from the flames. Dikane, who was in the bedroom where the fire is believed to have started, could not be saved. According to Muller one of the rescuers sustained minor burns to his hands and was treated on the scene. Residents started reconstructing their homes on Saturday after material was supplied by the city’s Disaster Risk Management. Anyone who can assist the residents can phone Eddie Simayile on 073 545 9678.