Helderberggazettehp 20131217

Page 1

Helderberg

Year 17 • Tuesday 17 December 2013 | Tel. 021 853 0211

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

In DistriksPos Lees meer in DistriksPos komende Donderdag: ) Pad vorentoe vir Kay’s ) Beach safety tips ) All Gold touch-rugby photos

Safe swimming

Pg 7

Holiday Gig Guide

Pg 9

Vierde ramp tref Kay’s dié jaar DALEEN FOUCHÉ Inwoners van Kay’s Karavaanpark in die Strand het Vrydag 13 Desember begin om die verskroeide oorblyfsels van hul besittings op te ruim, nadat ’n brand elf huise verwoes het. Theo Layne, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brandweer, sê die brand is omstreeks 18:44 aangemeld. Volgens Layne is elf huise deur die brand in puin gelê. Drie mense is op die toneel vir rookinaseming behandel. Layne sê ’n man wat geringe brandwonde opgedoen het, is op die toneel behandel en later in die Helderberghospitaal opgeneem. Die oorsaak van die brand is nog onbekend, aldus Layne. Met die Helderberg Gazette se besoek aan Kay’s Karavaanpark was opruimingswerk reeds volstoom aan die gang. Johan Strydom, ’n inwoner van Kay’s en pa van vyf, sê hy het al sy besittings in die brand verloor. Strydom het met trane in sy oë sy storie aan die Helderberg Gazette vertel, terwyl sy jong seun hom getroos het. Hy moet nou sy familie in ’n tent huisves.

Nog ’n inwoner, Adele Meyer, sê haar huis wat sy uitverhuur, is heeltemal verwoes. Sy vertel dat sy die huis gekoop het met erfgeld van haar pa. “Nou het ek niks meer van my pa oor nie.” Meyer noem dat nie een inwoner van Kay’s versekering op hul huise het nie, omdat versekering op houthuise nie toegestaan word nie. Meyer sê alhoewel die Kay’s gemeenskap baie verlig is dat niemand ernstig seer gekry het nie, is die skade aan eiendom massief. Volgens Marcel Strumpfer, eienaar van Kay’s Karavaanpark, is dit die vierde ramp wat Kay’s die afgelope jaar tref. Hy sê ten spyte van twee storms, bome wat omgeval het, en dié brand, is niemand ernstig beseer nie. Woonwaens en tente is aan inwoners geskenk om tydelike verblyf te voorsien. Inwoners het hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap wat reeds ruim kos en klere geskenk het. Hulle bedank ook Doempie Machine Hire, Strand Waste, Okkie Oosthuizen en Solidariteit se plaaslike Helpende Hande-tak wat gehelp het met opruiming en skenkings. Spesiale melding is gemaak van Sektor 3 van die Strand Buurtwag wat gehelp het tydens die brand. Skenkings kan by Scouts Hall langsaan Kay’s Karavaanpark afgegee word.

Inwoners van Kay’s Karavaanpark kyk toe hoe hulle huise verwoes word tydens ’n brand op Vrydag 13 Desember wat nege huise geeis het. FOTO: FRANCO THERON VIA WWW.DISTRIKSPOS.COM

Johan Strydom staan waar sy huis voorheen was.

FOTO: DANIE PIENAAR


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Helderberggazettehp 20131217 by Boland Gazette - Issuu