Fisherhaven | Hawston | Kleinmond | Bettysbaai | Pringlebaai | Rooi-Els
Year 2 • Tuesday 28 August 2012 | Tel. 028 312 3717
Vroue vereer Die Overstrand-burgemeester se jaarlikse Aand van Uitnemendheid is verlede Woensdag gehou. Van die finaliste in die Vrou van die Jaar-kategorie saam met burgemeester Nicolette Botha-Guthrie (tweede van links), is (van links): Debbie Hull van Mtimkhulu Village, Ilze Smith van Hermanus Dierebeskermingsvereniging, Jenny Sauls van die Lombardi-sentrum in Mt Pleasant, Angela Heslop, Sebina Jantjies, vrywillige sieketrooster in die Hawston-gemeenskap, sr. JM Beukes van Golden Harvest se versorgingskliniek in Sandbaai, en sr. Loryna Wentzel van Onrus Manor se sorgeenheid. Sien bladsy 7 vir meer.
Slootgrawer versteur duin HEDDA MITTNER Verskeie inwoners van Pringlebaai is besorg oor dié gebied se sensitiewe duine-ekosisteem, nadat munisipale werkers onlangs met ’n slootgrawer ’n duin by die strand versteur het om ’n stormwaterpyp wat onder die sand was, oop te maak. Volgens Bernard Heydenrych, voorsitter van Pringlebaai Bewarea, het hy die Overstrand-munisipaliteit ingelig oor die skade wat aangerig is. ’n Munisipale natuurbewaringsoffisier, Neville Green, het Heydenrych op die toneel ontmoet en onderneem om ondersoek in te stel na die voorval. “Pringlebaai Bewarea beskou die aangeleentheid in ’n baie ernstige lig,” het Heydenrych gesê. “Omdat die plantegroei op die duin vernietig is, het dit erosie veroorsaak wat tot
LOTS OF SPACE FOR EVERYBODY!!
langtermynprobleme vir nabygeleë huise kan lei. Die amptenare wat by die voorval betrokke is, moet verantwoordelik gehou word vir die skade wat aangerig is.” Steve Geldenhuys, bewaringsdienstebestuurder van CapeNature, het bevestig dat nie meer as 5 m³ materiaal (soos sand) verwyder mag word sonder dat ’n omgewingsimpakstudie, soos bepaal deur NEMA (National Environmental Management Act), uitgevoer is en ’n permit uitgereik is nie. Cecile Jonkheid, Overstrand-munisipaliteit se areabestuurder van die administratiewe gebied van Hangklip-Kleinmond, sê die klagte word tans deur amptenare van die munisipaliteit se departement van omgewingsbestuursdienste ondersoek om te bepaal of die optrede toelaatbaar is of nie, en of daar verdere optrede en regstellende stappe nodig is. Volgens haar is die gemelde stormwaterpyp ’n deel van die bestaande infrastruktuur in
FOR SALE
KLEINMOND
Pringlebaai wat ’n hoë vlak van instandhouding verg. Die pyp is aangebring om stormwater uit die gedeelte van Williamweg weg te lei, ten einde oorstroming van die pad en eiendom in dié area te voorkom. Die normale afvloei van die water word deur die sandduinstelsel verhinder. Die bek van die pyp wat onderdeur ’n duin loop, word van tyd tot tyd toegewaai en moet gereeld oopgemaak word om te verseker dat dit behoorlik funksioneer. Dié taak word gewoonlik met die hand gedoen, maar in hierdie geval het die omstandighede, volgens die toesighouer se oordeel, geverg dat masjinerie gebruik moes word. ’n Geskikte roete is oor die strand bepaal en die slootgrawer wat gebruik is, het op dieselfde spoor daarheen en terug beweeg. Die verslag word afgewag voor verdere kommentaar gelewer kan word. Overstrand-munisipaliteit is tans in ’n hof-
R 1.4 mil
3 Bedrooms, 2 Bathrooms Spacious Lounge/Dining & Kitchen Large Family/Kids Room, Large Covered Patio with BBQ Swimming Pool, Double Car Port
FOR SALE KLEINMOND Price on Request
STANDS FOR SALE 7th Avenue - 651m² - R495 000 8th Avenue - 529m² - R550 000 11th Avenue - 1016m² - R695 000
KLEINMOND
R 900 000
4 Bedrooms, 2 Bathrooms Spacious Lounge/Dining & Kitchen Area, Study, Staff Accommodation, Double Garage and Car Port
Kotie Pieters - 083 277 8334
Give us a call !! Office - 028 271-3945 Office - 087 150 4940
T E
1st Avenue - 595m² - R500 000
André du Toit - 082 7861 089 Kotie Pieters - 083 277 8334 David Roberts - 082 9534 867
- R6 000 - Huis - Kleinmond, Baie netjies. 3 Slaapkamer, 2 Badkamer. Braai area. Dubbel Motorhuis, Beskikbaar 1 Sep’12 Heuningkloof. - R5 500 - Huis - Kleinmond, Baie netjies. 3 Slaapkamer, 1 Badkamer. Met Motorhuis, Dadelik Beskikbaar Naby die Swemstrand - R4 500 - Huis - Kleinmond 3 Slaapkamer, 2 Badkamer. Met Motorhuis, Dadelik Beskikbaar
4th Street - 720m² - R600 000
Camdebo Ave - 594m² - R600 000 3 Bedrooms, 2 Bathrooms Open Plan Lounge and Dining area Lovely Entertainment area with BBQ Keurboom Ave - 800m² - R495 000 Single Garage Gladiolus Ave - 800m² - R600 000
FOR SALE
saak verwikkel met ’n groep inwoners van Bettysbaai oor die sandduine wat hulle eiendom in Nerinastraat verswelg. Die munisipaliteit het vroeër ’n verklaring uitgereik waarin daar aangevoer word dat hul mandaat beperk is tot die wegry van sand wat in die padreserwe voorkom en dat hulle aan bande gelê word deur verskeie wetgewing soos die Nasionale Omgewingsbestuurswet en die Geïntegreerde Kusbestuurswet. Die saak het op 22 Augustus in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gedien en uitspraak is voorbehou. - Sien foto’s op Bl. 5.
H U U R
- R4 200 - Woonstel - Kleinmond 2 Slaapkamers, 2 Badkamer. Water ingesluit. Braai area Dadelik Beskik. By die swemstrand!! - R2 500 - Woonstel - Kleinmond 1 Slaapkamer, 1 Badkamer. W&E ingesluit. Dadelik Beskikbaar - Winkel Perseel 1: 70m² @ R2750 per maand. Kleinmond. Dadelik Beskikbaar - Winkel Perseel 2: 70m² @ R2500 per maand. Kleinmond. Dadelik Beskikbaar - Winkel Perseel 3: 230m² @ R5000 per maand. Kleinmond. Dadelik Beskikbaar - Kantoor Spasie 88m² @ R40/m² Kleinmond. Dadelik Beskikbaar