Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore
Year 17 • Tuesday 17 February 2015 | Tel. 021 887 2840
www.bolandgazette.co.za
Woordfees 2015 is net om die draai en soos met enige fees, is die innerlike versterkings ewe belangrik. De Vette Mossel, die buitelug-seekosrestaurant wat al ’n instelling by feeste landwyd geword het, maar wat veral by die Woordfees naam gemaak het, het vanjaar ’n splinternuwe ligging – op die gras van die manskoshuis Wilgenhof. Om hierdie nuwe venue te vier het die span daar saam gekom. Agter staan van links Shireen Crots van WOW, Jana Hattingh van die Woordfees, Rudolf Gouws, voorsitter van die Woordfees se advieskomitee en Sasha-Leigh Williams. Voor sit Ulrike Vorndran, gasvryheidskoördineerder, Niel du Bois, eienaar van De Vette Mossel en Wim Steyn, primarius van Wilgenhof. FOTO: DANIE KEET