Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore
Year 16 • Tuesday 19 August 2014 | Tel. 021 853 0211
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Koorsang in die Endler
’n Lang tradisie van koorsanguitvoerings by die Stellenbosch Konservatorium het ’n internasionale kleur gekry sedert die aankoms van die bekende Duitse koorleier, Marin Berger verlede jaar.
Die Endlerkonsertreeks op Vrydag 29 Augustus om 20:00 sal weer so ’n samewerking aanbied met ons eie US Kamerkoor, wat deur Berger gedirigeer word, sowel as die LandesJugendChor Saar van Duitsland. Hierdie be-
kende koor word deur Alexander Lauer gedirigeer. Vir diegene wat dalk nie na hulself sou verwys as nuwe musiekliefhebbers nie, bied koormusiek die beste bekendstelling moontlik.
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Kamerkoor wat binnekort in die Endlersaal optree..
Die stem is ongetwyfeld die mooiste musikale instrument wat bestaan. Waar nuwe instrumentale musiek gebruik maak van abstrakte en onkonvensionele tegnieke, is nuwe koormusiek geneig om te
fokus op die verhewe skoonheid van koorklank. V Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R110 en R80. Vir enige navrae, kontak gerus vir Leon van Zyl by 0 021 808 2358 of 2 leonvanzyl@sun.ac.za.