Stellenbosch gazette 28 jan 2014

Page 1

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Tuesday 28 January 2014 | Tel. 021 887 2840

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Wynfees skop af op goeie noot MYRON WEYERS

’n Heerlike fees-atmosfeer het op Saterdag 25 Januarie in Stellenbosch se middedorp geheers toe die opgeruimde stemme van deelnemers en toeskouers, en die klanke van musiekinstrumente tydens die jaarlikse OesParade opgeklink het. Dié parade was deel van die Stellenbosch Wynfees aangebied deur Pick n Pay. Kleurvolle kostuums was oral te sien met 22 plase en 30 orkeste wat deelgeneem het. Meer as R60 000 is ook tydens die Pick n Pay Women’s Walk ingesamel, wat gehou is om met die fees saam te val en ten bate van borskankeropvoeding en -bewustheid is. Spesiale gaste by die parade was onder andere Lee-Anne Williams as gasspreker, Malcolm Mycroft, Ken Forrester, voorsitter van die Stellenbosch American Express® Wynroetes, munisipale verteenwoordiger Pietman Retief en Melanie Adonis as die geestelike verteenwoordiger.

Dié foto’s vang ’n paar oomblikke tydens vanjaar se Oes-Parade vas. Dit was deel van die Stellenbosch Wynfees aangebied deur Pick n Pay. FOTO’S: MYRON WEYERS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.