Stellenbosch gazette 29 jul 2014

Page 1

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 16 • Tuesday 29 July 2014 | Tel. 021 853 0211

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Weg met dwelms, sê laerskoolleerders

Die leerders van JJ Rhode Primêr op Vaaldraai, Elsenburg, het Vrydag 25 Julie ’n optog teen dwelmmisbruik in die gemeenskap gehou. Sowat 300 leerders het die strate ingevaar met plakkate en het eenvormig slagspreuke, soos stop dwelmmisbruik, geskreeu. Die skool is beroof van rekenaars en ander elek-

troniese apparate, en daar word vermoed dat hierdie items verkoop word vir dwelmgeld. “Die aksie is gehou teen inbrake by die skool. Ons wil die tikhuise uitkry,” sê Nicol Barends, adjunkhoof van JJ Rhode Primêr. “Ons maak die kinders bewus van dwelms en die gevare wat dit inhou. Ons wil ook hê die gemeenskap moet saamstaan teen dwelms, en dus voed ons die gemeenskap op sodat ons misdaad kan uitroei.” FOTO: SHAWN VALENTINE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.