Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore
Year 14 • Tuesday 3 July 2012 | Tel. 021 887 2840
Hier is van die deelnemers (van links) Elizabeth Lavember, Elizabeth Adams (tweede prinses), Noleen Adams, Johanna Adams, Katie Daniels, Evelyn Krediet, Scharmin Johannes, Matilda van der Merwe, Janille Martin (wenner) en Pherida Taylor. FOTO’S: ELBÉ VAN HEERDEN
Hier is Felicity Robyn (een van die deelnemers), Charlene van Graan wat die juwele vir die aand geborg het en die organiseerder Siena Charles tydens die vertoning.
Kylemorevroue stap uit ELBÉ VAN HEERDEN AS deel van ’n fondsinsamelingsprojek vir die plaaslike sopkombuis, het Kylemore se vroue Vrydagaand ’n modeparade gehou. Dié vroue, almal in die fleur van hul lewe, het verskeie uitrustings ten toon gestel, met die hele gemeenskap om hulle te ondersteun. Siena Charles, die organiseerder van die aand, het jare terug die sopkombuis begin om die mense van haar gemeenskap te ondersteun – veral in die moeilike tye buite parstyd, wanneer baie van die inwoners van die gebied werkloos is. Vakansietye is ook moeilik aangesien die kinders dan nie by die skool iets kry om te eet nie. “Dit gaan veral swaar met die kinders. Ek het ’n paar huise besoek waar die kinders net onder lakens slaap. Ons het ook dringend kinderklere en -skoene nodig. Tydens die wintermaande gaan dit baie swaar. Ons voer elke
Maandag, Woensdag en Donderdag by die 300 mense van die gemeenskap, meeste van hulle kinders.” Die aand het egter goed verloop en hulle het R2 700 ingesamel. “Ek kan nie kop bo water hou nie, maar dié fondse gaan ons nou bietjie help.” Die wenners vir die aand was Elizabeth Adams (tweede prinses), Clarissa September (eerste prinses) en Janille Martin wat as die algehele wenner aangewys is. Siena het ook haar dank uitgespreek teenoor Charlene van Graan, ’n plaaslike juwelier, wat van haar juwele vir die aand se vertoning beskikbaar gestel het. “Ons wil met die geld wat ingesamel is nuwe potte en gereedskap koop vir die sopkombuis. Ons is baie dankbaar aan Grace Sampson wat ook twee potte geskenk het.” Maar hulle het altyd meer nodig. Enigeen wat hulle kan bystaan met kos, klere en skoene en komberse, kan vir Siena Charles kontak by 078 912 9604 of bel die Eikestadnuus by 021 887 2840 of kom lewer dit hier af!
Elizabeth Lavember wys haar klere op die loopplank.
FOTO: ELBÉ VAN HEERDEN