Stellenboschgazette 07 04 2015

Page 1

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 17 • Tuesday 7 April 2015 | Tel. 021 887 2840

www.bolandgazette.co.za

Inwoners wag steeds op antwoorde van munisipaliteit oor plakkers RAYMOND WILLEMSE EN DAAN WILLIAMS Daar is steeds talle vrae rondom die skuif van die stortingsterrein se mense by Devonvallei na Longlands naby Vlottenburg. Oudinwoners het al met die munisipaliteit op verskillende tye vergader en hulle met vrae gepeper, maar nie veel van hul vrae is sover beantwoord nie. Van die vrae sluit in: Hoekom is die mense nie geplaas in plekke wat uitgesit is vir noodbehuising nie?; Hoe kan die onwettige strukture sonder planne deur die munisipaliteit geplaas word op grond wat nie geskik is vir behuising nie?;

Tina Anthonie, wat vir meer as 20 jaar op Longlands woon, staan by ’n toilet wat vir jare al stukkend is.

Hoe kan die mense in die strukture gehuisves word so na aan die deurpad tussen Kuilsrivier en Stellenbosch?; Hoe word ons beskerm teen vreemde werkloses wat nou in ons midde geplaas word? en Hoe gaan die toekenning van huise in die omgewing geraak word deur die skepping van behuising vir plakkers in die omgewing waar lae koste behuising geskep gaan word? Die nuwe inwoners van Longlands is op Menseregtedag verskuif en sowat 31 houthuise is vir die gesinne deur die munisipaliteit opgerig. Die munisipaliteit se verduideliking oor die besluit is omdat daar ’n ondergrondse brand by die stortingsterrein is, wat lewensgevaarlik is. Getruida Pojie, ’n gemeenskapswerker en lid van die behuisingsforum van Vlottenburg, het gesê om die mense hier te kom plak het die inwoners se humeure laat opvlam. Sy het gesê by ’n vorige vergadering met die munisipaliteit is aan hulle gesê die mense wat na Longlands verskuif is, is nie ’n bedreiging vir die huise wat gebou gaan word nie.” Tina Anthonie, wat al vir meer as 20 jaar op Longlands woon, het gesê vir die oudinwoners is dit ’n bitter pil om te sluk met die dat die nuwe inwoners beter dienste – water en toiletgeriewe – as hulle het. “Ons het nie toilette nie en moet stap om water te gaan haal. Die nuwe inwoners lewe gerieflik, water word vir hulle aangedra. Dit is nie reg nie.” Anthonie het gesê daar word elke jaar sedert sy op Longlands woon leë beloftes gemaak. “Ons wag nou nog vir huise. Van die mense wat saam met ons gewoon het, is al dood. Dit is hartseer. Die struktuur waarin ek

en my gesin woon is nie naastenby so grand soos die van die nuwe inwoners nie.” Jeremy van Neel, wat van die stortingsterrein na Longlands geskuif is, het gesê hy voel nie gelukkig oor hoe hulle behandel word nie. “Ons is ook mense net soos hulle. Almal kry maar swaar om ’n plekkie van hulself te kry. Hulle baklei oor verkeerde redes.” Hy het genoem dat hul toilette al een keer omgegooi is. Julie-Ann Johannes sê haar groot kopseer is dat daar nie elektrisiteit vir hulle is nie.

Shireen Fourie tap water by ’n waterpunt. Joseph Plaaitjies wag sy beurt af.

Hulett Solomons, ’n nuwe inwoner van Longlands, wys hoe die toilette omgegooi is. FOTO’S: RAYMOND WILLEMSE EN DAAN WILLIAMS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Stellenboschgazette 07 04 2015 by Boland Gazette - Issuu