Swartland gazette 04 04 2015

Page 1

Swartland

X1PYB695-ST140415

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Year 13 • 14 April 2015 | Tel. 022 482 3817

Sangpaar beloof trou aan mekaar Riebeek-Kasteel-inwoners en gewilde sangpaar, Melindi Charle en Fanie Velskoen, het Saterdag trou aan mekaar beloof by die Seekombuis op die strand by Tietiesbaai aan die Weskus. Gaste het van sover as Johannesburg gereis om in dié paartjie se spesiale dag te deel. Geen moeite is ontsien nie en daar is aandag aan die kleinste detail gegee, van blomme tot die 17 blommemeisies se rokke en skoenlappervlerke. Die bruid en bruidegom kon kwalik beter weer bestel het, toe selfs die normaalweg wilde Weskuswind vir dié dag net ’n ligte seebriesie was. FOTO: LIZETTE SMIT

Gesteelde perd weer terug by die huis MALMESBURY – Copper, die vermiste perd wat baie harte oor ’n kort tydjie gesteel het, is weer terug by sy eienaar. Bianca Bredenkamp van Malmesbury vertel die persoon wat die perde versorg het, het haar Maandagoggend, terwyl sy weg was vir die Paasnaweek, gebel oor Copper wat nêrens te vinde is nie. Sy het haar huis toe gehaas en ’n soektog is dadelik vir die perd (25 jaar oud) op tou gesit.

Hulle het vinnig agtergekom die perd is vermoedelik gesteel, nadat hulle op die geknipte lyndraad en gebreekte toue wat aan die hekke vasgemaak is, afgekom het. Dit is nie die eerste keer dat Copper gesteel is nie, sê sy. Die perd was die vorige keer skaars ’n dag weg. Hulle vermoed die diewe is betrap en het hom teen die pad agtergelaat. Dié keer was Copper vir byna vier dae vermis. Bianca sê haar grootste bekommernis was die perd se welstand, ver-

Bianca Bredenkamp se perd, Copper (25), wat vir drie nagte vermis was, is weer gevind.

Die tydelike inkamping waar Copper vermoedelik vir drie dae en nagte sonder water aangehou is.

al omdat hy nie meer tande het nie en weens sy ouderdom spesiale kos eet en nie skoene dra nie. Copper is dus baie broser as ander perde. En boonop so mak. Hy sal enigiets doen om iemand tevrede te stel. Die polisie is ook ingelig en spoorsnyers is van die Kaap af laat kom om hom te help opspoor. ’n Advertensie met ’n beloning wat vra dat inwoners op die uitkyk moet wees vir die perd, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Copper se spoor het egter by die

treinspoor naby Bokomo verdwyn. Bianca vertel sy het in die afgelope paar dae oor die 1 000 km van Delft, Philippi, Morningstar en oral oor die Malmesbury-omgewing afgelê op soek na haar “oupa”-perd. Twee inwoners van Malmesbury het Woensdag twee mans gesien wat ’n perd op en af naby ’n beboste gebied ry. Die vermeende diewe het die perd toe in ’n bos gaan versteek. Die inwoners het van die vermiste perd op Facebook gehoor en Bianca ingelig. Sy het hulle gevra om eers dood seker te maak dit is hy. Die volgende dag het die helde tot naby die perd gegaan om foto’s te neem, maar is deur die mans verjaag. Bianca is teruggebel, na die bos gelei waar Copper gewaar is en hom daar gekry, ingekamp en sonder enige water. Bianca vertel hulle was ’n klomp vroumense wat Copper gaan haal het. Hulle het daarom ook die polisie gebel om te kom. Copper het volgens haar baie gewig verloor en was gedehidreer. Sy bek is ook beseer soos die vermeende

Dit was ’n gelukkige oomblik toe Copper en sy baas, Bianca Bredenkamp, weer herenig is. diewe vermoedelik hom met ’n tou rondgery het. Sy hoewe is ook gekraak en sy rug het ’n besering opgedoen weens sy ouderdom. Hy kan nie meer so hard gery word nie. Hopelik sal Copper nou sy aftrede op die plaas behoorlik kan geniet. Niemand is nog in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland gazette 04 04 2015 by Boland Gazette - Issuu