BEEF & BARREL
Swartland
STEAK & SEAFOOD RESTAURANT 9 Piet Retief Street, Malmesbur y.
Tel: 022 482 1372 / dine@beefandbarrel.net
Special:
Beef and Barrel Bacon and Cheese Burger in the restaurant and take away
s: Restaurant hour only R25 11:.00 - 22:00
000000-ST310315
LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT
nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za
Year 13 • 7 April 2015 | Tel. 022 482 3817
Maak lippe rooi teen seksuele geweld Vroue en sommige dapper mans op Riebeek-Kasteel is van voorneme om gedurende April van vroegoggend tot laataand bloedrooi lipstiffie te dra. Die Red my lips-veldtog ter bewusmaking van seksuele geweld word in April wêreldwyd gehou. Die ACVV op Riebeek-Kasteel ondersteun hierdie veldtog en moedig vroue in die Swartland aan om Kasteel-vroue se voorbeeld te volg en rooi lipstiffie te dra om te wys dat hulle standpunt inneem teen seksuele geweld. Agter is Christelle Erasmus, Marisa Steyn, Eve Thompson, Li Nepgen, Derek van Blerk en Petro Fourie. Voor is Yvette Purchert, Adriaan de Bruyn en Steve Cope. “Ons doen dit omdat ons wil hê alle vroue moet ’n lewe sonder geweld en mishandeling lei,” het Eve gesê. Besoek www.redmylips.org vir meer inligting. FOTO: LIZETTE SMIT
WesKaap bestee miljarde in Weskusdorpe HELÉNE MEISSENHEIMER SALDANHABAAI – Die WesKaapse regering gaan R17,7 miljard uit sy totale begroting vir 2015-’16 aan projekte op Weskusdorpe bestee. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van finansies, het verlede Dinsdag op Vredenburg die “goeie nuus” aan raadslede en amptenare van dorpe in die Weskusdistrikmunisipaliteit (WKDM) gebring. Die besteding per munisipaliteit is as volg: Swartland (R659 933 miljoen), Saldanhabaai (R542 025 miljoen), Bergrivier (R423 713 miljoen), Matzikama (R321 319 miljoen) en Cederberg (R291 308 miljoen). Byna 1 miljard rand (R912 424 miljoen) gaan aan WKDM waarvan R647 350 miljoen vir die opgradering van paaie gaan. Paaie en infrastruktuur, onder-
wys, behuising en gesondheid is die sektore waarna meeste van dié geld gaan. Meyer het gesê studies toon ’n positiewe verband bestaan tussen goeie infrastruktuur en positiewe ekonomiese groei. Daarom is besluit om sterker op infrastruktuur te fokus as soseer op die bou van nuwe klinieke en meer Hop-huise. Wat gesondheid betref het hy gesê dit is ewe belangrik dat ’n gesonde leefstyl aangemoedig word as om gesondheidsgeriewe te verskaf. Oor Hop-huise het hy gesê die verkoop daarvan deur die begunstigdes maak van die staat ’n “gekkeparadys” en die verskaffing van gratis water en elektrisiteit maak munisipaliteite bankrot. “Ons sê nie ons gaan nie meer huise bou nie, maar ons moet ook huise bou vir mense soos polisielede en verpleegsters wat kan betaal vir dienste.” Hy wil graag “klein-dorp
suksesse” sien en het die munisipale rade aangemoedig om innoverend te dink om beskikbare hulpbronne optimaal te benut. Meyer se besoek is deur die munisipale leierskap van SBM, Swartland en Bergrivier verwelkom. Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester van die Swartland, sê hy dink dit is baie belangrik om saam te beplan. “Dit is nie net die munisipaliteit wat geld vir ’n begroting voorsien nie, maar ook provinsie en die staat. Moenie vergeet nie, as ’n skool gebou word is dit ook vir ons (plaaslike munisipaliteit) van belang, want dit is ons kinders, so ook klinieke. Dit is belangrik vir ons mense op grondvlak as hulle in die reën buite moet staan, omdat daar nie ’n afdak is nie.” Wat die bou van huise betref, het Van Essen gesê munisipaliteite moet eerder begin kyk om huise te bou waar daar reeds infrastruktuur
en werksgeleenthede is en daar moet gekyk word na die voorsiening van openbare vervoer vanaf klein dorpe/gemeenskappe sodat die mense by gebiede met werk kan uitkom. Hy het gevra dat spesifiek gekyk word na die behoefte aan ’n skool by Chatsworth en dat van die rompslomp ontslae geraak word sodat grond vir die bou van ’n skool aangekoop kan word. Raadslede het Donderdag 26 Maart hul bekommernis rakende die behoefte aan skoolgeriewe, veral op Moorreesburg, Chatsworth en Darling, uitgespreek. Konstruksie van die hoërskool, wat vir Moorreesburg beplan word, moet volgens hulle ook bespoedig word. Sandra Crafford, onderburgemeester van Bergrivier, het verlede Dinsdag gesê die Weskusdorpe het voorheen altyd soos weeskinders gevoel, maar nou is dit nie meer die
geval nie. . Spesifieke projekte per munisipaliteit sluit in: Saldanhabaai – bou van Louwville Hoërskool, opgradeer van vier klinieke, nuwe gemeenskapsentrum (Vredenburg), opgradering van die staatshospitaal met onder meer ’n psigiatriese eenheid en opgradering van verskeie paaie. Swartland – nuwe hoërskool op Moorreesburg, twee laerskole opgradeer (Laurie Hugo en Vooruitsig Primêr), twee klinieke vervang (Abbotsdale en Chatsworth), ’n nuwe gemeenskapsentrum op Malmesbury en drie paaie-projekte. Bergrivier – opgradeer van drie skole (Panorama, Steynville en Willemsvallei Primêr), bou van nuwe laerskool (Piketberg), opgradeer van twee klinieke (Porterville en Velddrif), die Radie Kotze-hospitaal en die ambulansstasie (albei op Piketberg); verskeie paaie-projekte.
FIGO AMBIENTE
9 9 2 1 R nd!! per maa
**Totale bedrae aangedui, uitsluitende die fooie en rente, deposito en opsionele voertuig-ekstras, wanneer gefinansier deur FFS. Onderhewig aan kredietkontrolering en goedkeuring. FFS Finance Suid-Afrika (Edms.) Bpk., wat ahandeldryf as Ford Krediet, is ’n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FSP 31946) en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP 72).
Ford
BARLOWORLD FORD: 255 Durban Road, Tygervalley Carlo Havemann - Tel: 021 910 7050 | Cell: 082 495 3318 | Email: carloh@bmh.co.za
Go Further
000000-ST070415