Swartland gazette 10 03 2015

Page 1

Swartland

Sedert 1954 Since

022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za X1PTHTUM-ST030315

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 13 • 10 March 2015 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

GERINGE VELDBRANDE IN DIE SWARTLAND:Terwyl verwoestende brande verlede week in die Kaapse Skiereiland en die berge naby Porterville gewoed het, is wonderbaarlik slegs veldbrande in die Malmesbury-streek aangemeld. Volgens die polisie is geen skade aan huise of geboue of beserings aan mense aangemeld nie. Dié perde is Saterdag afgeneem naby Riebeek-Kasteel op ’n damwal wat vroeër die week gebrand het. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Produsente 95% klaar gepars CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - ’n Gemiddelde oesgrootte met ’n hoë kwaliteit word vanjaar verwag, ten spyte van ’n baie droë seisoen, sê Hanno van Schalkwyk, wingerdkonsultant van Vinpro vir die Swartland-streek. Die wyndruifoes het vanjaar besonder vroeg aangebreek as gevolg van vroeë bot laasjaar. Die warm, droë seisoen het die oes egter nog vroeër gemaak. Van Schalkwyk sê verder die oes is vanjaar effens kleiner as die vorige jaar, maar die vorige oes was wel ’n bo-gemiddelde uitskieter.

HIT A

HOLE-IN-ONE &

Volgens hom begin produsente nou klaar te oes. “Parstyd behoort teen middel Maart oor die algemeen voltooi te wees,” sê hy. “Druiwe was baie gesond vanjaar en die kwaliteit lyk besonder goed. Witwyne wys baie mooi vrugtegeure, danksy ’n koel Februarie wat daartoe bygedra het. Rooiwyne het ook besondere geur en kleur. Die droë jaar het kleiner korrels veroorsaak en dit beteken meer gekonsentreerde kleur en geur wat rooiwyne met intense kleur oplewer.” Verlede week se hittegolf en sterk winde, het nie baie skade veroorsaak nie. Claude Uren, wingerdboukundige van Leeu-

WIN

R85 000 CASH!

Shiraz Country Classic

wenkuil Swartland sê die meeste druiwe is gelukkig klaar geoes, anders sou die nagevolge van die hitte beslis baie negatief gewees het. Van Schalkwyk voeg by die rooi druiwe is ook oor die algemeen meer bestand teen die weerstoestande. “Wat wel fisiologies met die wingerdstok gebeur, is dat die huidmondjies op die blare sluit en die stok dan nie transpireer nie. Op sulke tye word sure in die korrels gebruik vir energie en sien mens tipies ’n afname in suur in die druiwe. Dit word egter reggestel in die kelder met natuurlike suur soos wynsteensuur-byvoegings. Waar die grond baie droog is, kan daar inkrimping van die korrels en dus gepaard-

gaande gewigverliese voorkom.” Wind doen meer skade vroeër in die seisoen, en is dus nie nou so ’n groot faktor nie, sê Van Schalkwyk. Uren sê verder wegholsuikers, bevange druiwe, “jammy” geure op rooi en verlies aan gewig, is onder meer van die negatiewe gevolge wat erge hitte inhou. Hy sê egter die blare is redelik geskroei wat neerlegging van reserwes nadelig beïnvloed. “Gelukkig het ons nou ’n bietjie ‘koeler’ weer wat help met die herstel van die stokke. Natuurlik sal ’n goeie bui reën nou die beste medisyne wees, veral met die oog op ’n natuurlike na-oesbesproeiing vir die droë landerye.

28 MARCH 2015 Great snacks! Great prizes! Great goodie bags! Great day!

Format: 4 BBB Stableford Entry fee: R1 000 per 4 Ball (inlcudes 3 meals)

SHIRAZ COUNTRY CLASSIC 2015

Book now to avoid disappointment!

Entry froms & enquiries: Malmesbury Golfklub (Tony Goosen - clubmanager@cornergate.com or 022 487 1288/9)

X1PUEYQR-ST100315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.