Swartland
i10 From: R115,900.00 • Integrated Bluetooth audio system • Fuel economy • Powerful performance • Eco-driving function • USB Mp3 and iPod connectivity
Year 12 • 11 February 2014 | Tel. 022 482 3817
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Trap vir sistiese fibrose
Hildegarde en Jaco Geldenhuys gaan vanaf 23 tot 30 Maart die uitmergelende Absa Cape Epic bergfietstoer aanpak, nie alleenlik om hul eie fiksheid op die proef te stel nie, maar ook om geld in te samel vir mense met sistiese fibrose. As deel van hierdie projek is daar Saterdag ’n deftige geldinsamelings-damesontbyt op Delsmaplaas gehou. Sien bl. 4 vir die berig en foto’s.FOTO: LIZETTE SMIT
Etolrekening hier in M’bury
CHARLOTTE LESCH
MALMESBURY – Vir ’n Swartlandse inwoner, wat 1 600 km van Gauteng bly om ’n e-tol-rekening te ontvang, klink dalk vergesog, maar dit kán gebeur. Só meen John Clarke, woordvoerder van Outa, die bondgenootskap van stedelike tol, nadat toenemend baie klagtes oor die omstrede stelsel, wat op 3 Desember 2013 op die opgeknapte Gautengse snelweë in werking gestel is, ontvang word. Dít kom nadat die streek se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, ver-
lede week ’n e-tol-rekening van R272,58 in die pos ontvang het. Scholtz het volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se e-tol-dienste Gauteng se paaie op 14 Januarie gebruik. Hy het egter bewyse danksy ’n inklokstelsel vir werknemers van die munisipaliteit dat hy dié dag in sy kantoor was. Scholtz is volgens Outa nie die enigste in die penarie nie. ’n Pensioenaris van Kaapstad is ook verlede week beboet, al bestuur sy vir die afgelope paar jaar nie meer nie. ’n Rekening van oor die R600 is aan Charlie Tyler-Scott, wat al twee jaar gelede dood is, gestuur nadat hy glo
op 3 Desember ’n tolhek verbygesteek het. Geen foto van Scholtz se voertuig is by die rekening aangeheg nie. Hy het ook ondanks sy versoek aan Sanral nog geen foto ontvang nie. Volgens die bondgenootskap erken Sanral dat daar ’n probleem is. Sanral se hoof amptenaar, Nazir Alli, blameer hul databasisstelsel. Clarke het aan die Gazette gesê hulle het al oor die 1 200 soortgelyke klagtes ontvang wat binnekort by die openbare beskermer ingedien sal word. Clarke sê van die gevalle het ontstaan nadat nommerplate gekloon is. “Die situasie is krities. Ons gaan aan-
hou om druk op hulle te plaas om goeie besigheidspraktyk te begin toepas en respek vir mense se privaatheid, integriteit en geregtigheid te toon.” Nie die uitvoerende hoof, Sanral se woordvoerder Vusi Mona, die agentskap, Gillian Gamsy International wat hul reklame hanteer, of die e-tolstelsel se dienssentrums het voor druktyd gereageer op die Gazette se navrae oor hoe rekeninge verkeerdelik uitgestuur kan word nie, wat onskuldige ontvangers moet doen nie, wat Sanral gaan doen om dit reg te stel of wie te blameer is nie. Intussen is padgebruikers nog in
die duister oor die betwiste N1, N2 Wynland-e-tolprojek. Die Kaapse stadsraad het in Mei verlede jaar ’n tydelike interdik teen Sanral gekry wat die padagentskap verbied om enige ooreenkoms aan te gaan om die beoogde dele van die N1 en N2 verder as tolpaaie te beplan, te ontwerp, te bou of te bestuur. Alli het op ’n perskonferensie verlede jaar uitdruklik gesê die land se beleid om tolpaaie te bou is in 1996 in ’n witskrif opgestel en dit word deur die Nasionale Ontwikkelingsplan ondersteun, daarom is Sanral steeds van voornemens om met die projek voort te gaan.