Swartland gazette 11 maart 2014

Page 1

Swartland

Wynand van Zyl | 072 871 1618 wynand@omnicars.co.za Cobus Edas | 082 939 4219 edas@omnicars.co.za

i10 From: R115,900.00 • Integrated Bluetooth audio system • Fuel economy • Powerful performance • Eco-driving function • USB Mp3 and iPod connectivity

Year 12 • 11 March 2014 | Tel. 022 482 3817

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Leerders mis weke skool weens vervoer

CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - Graad 1-, gr. 5en gr. 6-leerders van die Anne Pienaar Gedenkskool buite Malmesbury mis al vir sowat ’n maand lank skool. Graad R- en sommige gr. 1-leerders van Ruststasie Primêr buite Moorreesburg het nog glad nie skool sedert die begin van die jaar bygewoon nie. Die leerders van Anne Pienaar moes noodgedwonge skool staak nadat die jarelange oplaaipunt by die plaas De Grendel skielik deur gekanselleer is. Die naaste busstop waar leerders nou opgelaai word, is 2 km ver, sê Truter de Kock, eienaar van die plaas waar die leerders bly. Volgens hom is dit hopeloos te ver om te stap, veral vir die jonger kin-

ders. Jansas Mouton, skoolhoof by Anne Pienaar, meen die punt was glo nooit as ’n oplaaipunt by die departement van onderwys geregistreer nie. Mouton het op 28 Februarie ’n aansoekvorm aan die departement gestuur om De Grendel weer as ’n oplaaipunt te registreer. Paddy Attwell, direkteur van kommunikasie by die departement, meen die buskontrakteur het die ekstra 2 km na die spesifieke oplaaipunt altyd gratis in die verlede behartig. Die departement het aan die Gazette bevestig dat hy die aansoekvorm, wat die verlenging van die busroete, ontvang het. “Die aansoekvorm word tans geprosesseer en sal binnekort afgehandel word,” sê Attwell. Volgens Attwell is dit nie die departement wat die oplaaipunt gekanselleer het nie.

Nege leerders van die Anne Pienaar Gedenkskool wat op die plaas De Grendel buite Malmesbury bly, mis al vir die afgelope drie weke skool nadat die oplaaipunt die naaste aan hul huise gekanselleer is. FOTO: CHARLOTTE LESCH

Mouton meen egter die leerders sal nie sommer hul werk kan inhaal nie. “Daar word binnekort toetse geskryf en take moet gedoen word, maar die kinders was nie in die klas toe die werk behandel is nie.” Alan Felix, skoolhoof by Ruststasie Primêr, sê daar is al verlede jaar aansoek gedoen om die nuwe leerders wat gr. R- en gr. 1-leerders insluit, op te laai. Goedkeuring is nog steeds nie ontvang nie. Ouers van die leerders op die plaas Langgewens meen dit is uiters swak dat daar geen tydelike oplossing gedurende die kwartaal bewerkstellig is nie. Volgens hulle het die skoolhoof al baie moeite gedoen. Felix sê die skool is al vir ’n geruime tyd in gesprekvoering met die departement en dat daar na verskeie oplossings gekyk word. “Die aansoekvorms het êrens lyk my agter geraak by die departement.” Hy is dit eens dat die kinders nie sommer gaan inhaal nie, maar hulle gaan probeer. Attwell het gister aan die Gazette bevestig dat vervoer vir die gr. R-leerders en nuwe leerders pas goedgekeur is en dat die onderwys se distrikskantoor binnekort die goedkeuring daarvoor sal ontvang. “Daar is reeds drie roetes waar leerders van die skool opgelaai word. ’n Aansoek vir nog twee roetes vir addisionele leerders van Ruststasie word tans geprosesseer.” Truter voeg by dat hy al sedert 6 Februarie navraag by die departement, asook by die departement van plaaslike regering en landbou gedoen het, om die leerders by die Anne Pienaar Gedenkskool te kry. Attwell kon nie voor druktyd bevestig of die departement bewus was van die leerders in die streek wat nie skool toe gaan nie. En indien wel, hoekom is daar nie al vroeër na oplossings gekyk nie. Intussen is baie leerders in die streek agter met hul skoolwerk.

LEER BY KERSLIG:Lochner Basson van Malmesbury moes Donderdagaand noodgedwon-

ge by kerslig vir ’n toets leer toe beurtkrag die land getref het. Sy suster Lunel het seker gemaak daar is genoeg lig in die huis en vir huiswerk deur al wat kers is aan te steek. Eskom het Donderdagoggend ’n noodsituasie aangekondig wat sommige verbruikers drie keer in 24 uur kragonderbrekings laat ervaar het. Hou die Gazette se Facebook-blad dop vir nuwe Eskom-aankondigings. FOTO: EILEEN BASSON

Beurtkrag vang baie onkant

MALMESBURY - Die onlangse kragonderbrekings wat die hele land getref het, het talle klein besighede en boere in die Swartland onkant betrap. Eskom het Donderdag om 06:00 ’n noodsituasie aangekondig wat gelas het dat lasbeheer toegepas moes word. ’n Fase-3 skedule is aangekondig wat beteken het dat sommige verbruikers byna drie keer binne 24 uur kragonderbrekings ervaar het. ’n Fase-2 skedule is weer Vrydagoggend uitgestuur, maar Swartlanders kon ’n sug van verligting gee toe kragonderbrekings vir eers afgelas is tot ná die naweek. Eienaars van kleinhandelwinkels in die streek, wat nie op ’n kragopwekker kon staat maak nie, moes hul deure vir ’n paar uur Donderdag sluit. Harriet Williams van Edgars, een van die groot kleinhandelaars, sê Donderdag se kragonderbrekings het veroorsaak dat verkope nadelig geraak word.

“Dit was baie ongemaklik.” Nina Slabber, voorsitter van Malmesbury se suiwelstudiegroep, sê hulle het eers ná die kragonderbreking kennisgewings oor die tye ontvang. Volgens haar kon die melkery op kragopwekkers staat maak, maar nie die waterpompe nie. Baie van die beeste het nie water gehad nie nadat die krag Saterdagnag ook af was. Sy voeg egter by dat elke melkboer se situasie kan verskil. Johan Vlok, wat tans tafeldruiwe pars, sê die kragonderbrekings Donderdag het nie baie probleme vir hulle veroorsaak nie. “As ons die tye weet, kan ons voorsorg tref, soos byvoorbeeld vir die vroegtydige druk van etikette wat op die palette moet kom.” Die Swartland Wynkelder meen egter die kragonderbrekings het almal onkant betrap. Die tye van kragonderbrekings gaan vorentoe van almal beter tydsbestuur verg volgens een van die werknemers van die wynkelder.

Book a test drive online and you could WIN A TRIP TO THE FIFA WORLD CUP BRAZIL 2014 Visit hyundai.co.za to enter

Terms and Conditions: Interest rates is linked to the prevailing prime rate, subject to change. Deal is subject to credit approval by Hyundai Finance, a division of MFC, a division of Nedbank Limited. Nedbank Limited is an Authorised Finance Services Provider. Nedbank Limited is a Registered Credit Provider under the NCA (NCRCP 16). Price excludes the monthly service fee (57pm) and includes the once off initiation fee (R1 140) relating to the Hyundai i20 and Hyundai i10. Deal is for advertised specifications only; any additional accessories will be subject to separate terms and conditions. On-road costs excluded. E&OE.

Cobus Edas: 082 616 0811 edas@omnicars.co.za

Gerhard Murtz: 081 018 2540 gerhard@omnicars.co.za

Wynand van Zyl: 072 871 1618 wynand@omnicars.co.za

Jaco Jooste: 079 502 7074 jaco@omnicars.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.