Swartland gazette 12 aug 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 12 • 12 August 2014 | Tel. 022 482

3817

Boere aangespreek oor ‘watermisdade’

Trekkerdag­ pret!

LIZETTE SMIT

’n Volkspele-dansgroep het gesorg vir lekker pret met hul vertoning by die trekkerdag Saterdag te Malmesbury. Sien meer foto’s op bladsy 2. FOTO: NICOLE CLOETE

Meisie (7) se lyk gevind LIZETTE SMIT DARLING - ’n Saak van moontlike kindermishandeling word ondersoek ná die lyk van ’n sewejarige meisie gekry is etlike dae na sy weggeraak het. Die ma (39) van die oorlede meisie is nog nie aangekla nie en het nog nie in die hof verskyn nie, maar sal moontlik krimineel vervolg word. Polisiewoordvoerder, konst. Jonathan Filander, sê volgens inligting wat hulle bekom het, het die ma Saterdagmiddag 2 Augustus ’n aansienlike hoeveelheid alkohol gedrink waarna sy, haar dogtertjie en ’n vriendin deur ’n land net buite Darling huis toe ge-

stap het. Die ma en dogtertjie het glo afgedwaal waarna die ma iewers in die veld aan die slaap geraak het omdat sy glo so baie gedrink het. Filander sê die ma se suster het vertel die meisietjie kon nie goed sien nie en het epileptiese aanvalle gekry nadat sy jare gelede glo van haar ouma se diabetes-medikasie gedrink het. Voor dit was sy ’n gesonde kind. Die ma het glo in die nagtelike ure wakker geskrik en besef haar kind is weg waarna sy haar begin soek het. “Die pad wat sy Saterdagaand gevolg het om die kind te soek, het op die treinspoor, sowat 20 meter van die polisiestasie, verbygeloop, maar sy het nie tot hier gekom nie,” vertel Fi-

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

lander. Die ma het dieselfde aand huis toe gegaan en verder geslaap. Die Sondag, Maandag en Dinsdag het sy volgens inligting elke dag net wéér gedrink. “Sy het die Woensdagaand eers die polisie in kennis gestel dat haar kind weg is. Die aandskof het al aan diens gekom,” sê Filander. Die polisie het die meisie se lyk verlede week Donderdagoggend vroeg in ’n dammetjie water in die veld ontdek. Die uitslag van die geregtelike doodsondersoek is nog nie bekend nie, maar die vermoede bestaan dat die meisie moontlik ’n epileptiese aanval gekry en in die vlak water verdrink het.

MALMESBURY – “Indien die eienaar van ’n plaas nie die waterbestuursprogram implementeer nie, kan die departement hom krimineel aankla,” het Dumani Mentoor, ’n ondersoekbeampte van die nasionale departement vir waterwese verduidelik. ’n Groep afgevaardigdes van die departement waterwese en sanitasie het verlede Woensdag melkplase buite Malmesbury besoek om vas te stel of hulle aan waterbestuursprogramme en omgewingswetgewing voldoen. Die slotsom waartoe beamptes met hul besoek aan Vyevlei gekom het, is dat die program net sowat 30% in werking gestel is. Mentoor het na ’n lys van 11 plase in die distrik verwys waar eienaars nie wetgewing wat water- of omgewingbestuur betref, nakom nie. Die hoof van die Wes-Kaap se water reguleringsdirektoraat, Boniswa Hene, het gesê die departement wil nie in vyandskap met produsente en nywerhede leef nie, maar in samewerking met hulle die waterbronne beskerm om watersekerheid te verseker.

Die besoedelingsprobleem op Vyevlei is reeds in 2011 deur die departement aangespreek, met voorlopige voorskrifte wat neergelê is nadat ’n grondeienaar gekla het oor besoedelde water wat vanaf Vyevlei deur sy grond loop. Volgens die plaasbestuurder, Johan de Wet, is daar tans 7 615 vroulike diere op die plaas, wat ’n aansienlike hoeveelheid mis, afvalstowwe en vuil water tot gevolg het. De Wet het die beamptes op ’n toer geneem en verduidelik watter metodes reeds in plek gestel is om te voorkom dat modder en beesmis nie in die stroom beland nie. Die beamptes was ooglopend nie beïndruk met Vyevlei se waterbestuursprogram nie en het water uitgewys wat hulle as vuil beskou, wat juis op daardie tydstip in die stroom inloop. De Wet het die beamptes se aandag daarop gevestig dat die waterbestuursprogram gedurende die reënseisoen verskeie uitdagings bied. Die departement het Vyevlei sewe werksdae gegee om inligting te gee oor planne om die bestuursprogram te verbeter. Volgens De Wet sal ’n biogasaanleg in September in werking tree waar beesmis in elektrisiteit omskep sal word.

Johan de Wet wys na verbeteringe wat op Vyevlei aangebring is om besoedeling van die stroom te verhoed, terwyl amptenare van die departement van waterwese aandagtig luister en ’n televisie-kameraman die oomblik vasvang. FOTO: LIZETTE SMIT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.