Swartland
Year 10 • 12 Junie 2012 | Tel. 022 482 3817
Lees binne
In ekstase:
Gary Conchar van Darling kon sy ekstase nie wegsteek nie toe hy ’n splinternuwe Volkswagen Polo Vivo in die Sparwinkelgroep se nasionale Win a Car-kompetisie losgeslaan het. Gary, ’n klant van Darling Spar, is een van 50 gelukkige wenners wat elk ’n Vivo gewen het.
Schoonspruiters op pad Engeland toe BLADSY 3
Onder: Gary het sy motor verlede week tydens ’n vrolike oorhandigingsviering van Jannie Engelbrecht, eienaar van Darling Spar, ontvang. By Gary is sy vrou, Irma, en hul dogter, Robyn. FOTO’S: LIZETTE SMIT
Dít is hoekom Swartland-pa’s bederf verdien. BLADSY 4
Te veel skuld! David Engelbrecht MALMESBURY – Gemiddelde munisipale skuld van tussen R2 000 en R3 000 per inwoner is vir die Swartland Munisipaliteit ’n groot bron van kommer en ’n oplossing sal binnekort indringend op bestuursvlak gesoek moet word.
Topbestuurders in die munisipaliteit het verlede Woensdag (6 Junie) by ’n vergadering van sy portefeuljekomitees ’n kommerwekkende prentjie geskets waarin beraam word dat tot soveel as 2 500 huishoudings se elektrisiteitsrekeninge vir Junie nie die einde van die
maand betaal sal word nie. Boonop is die invorderingsproses tydsaam, word inwoners nie meer deur waarskuwings afgeskrik nie en dreig die skuldprobleem om al groter te word. Hoewel die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, op 31 Mei nog gesê het munisipale rekeninge in die Swartland vergelyk goed met ander munisipaliteite s’n, het die direkteur van finansiële dienste, Kenny Cooper, Woensdag die nuutste finansiële verslae van die munisipaliteit aan die bestuur voorgehou. “Na berekening is daar ongeveer ’n gemiddeld van R2 000 tot R3 000 skuld per kop in die Swartland-gebied. Die vraag ont-
staan: Wat gaan ons doen?” Cooper het gesê hoewel die landbousektor se skuld goed afgekom het, bly die groot bron van kommer skuld op die rekeninge van huishoudings en sakeondernemings wat nog ingevorder moet word. “Dit is ’n lang proses voor ons enige gelde kry. Gewoonlik vat dit 90 dae ná ’n dagvaarding van die munisipaliteit om enige reaksie te kry.” Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het gesê dit is ’n feit dat mense arm is en sukkel om hul rekeninge te betaal. Van Essen het ook verlede maand gesê die raad moet sorg dat tariewe so laag moontlik gehou word, want mense het al minder geld daarvoor.
Hy het verder vertel dat onbefondsde mandate (verantwoordelikhede wat van die provinsiale of nasionale regering aan munisipaliteite oorgedra word, maar plaaslik befonds moet word), soos padwaardigheidstoetse en buurtwagte, inwoners óók geld uit die sak jaag. As nog ’n voorbeeld het hy genoem dat die munisipaliteit genoop sal word om met die nuwe drankwet ’n amptenaar aan te stel om aansoeke en advertensies in die media te hanteer. “Die regering besef nie altyd dat indien hulle wetgewing maak, dit groter implikasies op grondvlak sal hê nie.” Scholtz het gesê hy en Van Essen is van plan om dié situasie voor die
provinsiale regering te bring. Volgens Cooper is een van die munisipaliteit se huidige planne om die oudste skuld eerste te probeer invorder. “Ons kan die hulp van invorderingsagente gebruik, maar die publiek word al lank nie meer afgeskrik hierdeur nie, want hulle weet dat ’n regsproses gevolg moet word,” het hy verder gesê. Nog ’n alternatief wat Cooper bespreek het, was die moontlikheid van meterlesers wat ’n wetstoepassingskursus sal voltooi om die munisipaliteit se oë en ore te wees, maar hy glo ook dat ’n vergadering gehou moet word om ernstig te besin oor oplossings vir die skuldprobleem.