Swartland gazette 12 nov 2013

Page 1

Swartland

Year 11 • 12 November 2013 | Tel. 022 482 3817

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Skouspel betower Valleiers

SKOUSPEL VOL KLANK EN SWIER: Die leerders van Maritza Sangskool op Riebeek-Wes het die afgelope naweek hul vierde Skouspel by Allesverloren aangebied. Volgens toeskouers in ’n stampvol saal, was dit ’n skouspel wat nie gou vergeet sal word nie. FOTO: CHARLOTTE LESCH

‘Jonges kan uitslag verander’

CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY – Die opkoms van mense wat die afgelope naweek landwyd gaan registreer het om in volgende jaar se nasionale verkiesing deel te kan neem, was nie baie goed nie. Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) meen egter hy is baie tevrede met die Swartland. Die personeel wat by die Swartland se registrasiepunte betrokke was, was uitstekend en baie professioneel, sê Courtney Sampson, WesKaapse hoof van die OVK. “Die personeel was op tyd en het hulle baie goed van hul taak gekwyt,”

voeg hy by. Syfers van hoeveel inwoners op dorpsvlak die afgelope naweek gaan registreer het, is volgens hom nog nie gereed om bekend gemaak te maak nie. Volgens die OVK was daar altesaam 43 276 geregistreerde kiesers in die 12 wyke van die Swartland voor die afgelope naweek. “Die Wes-Kaap het voor die naweek 2,63 miljoen mense op die kiesersrol gehad. Dit is oor die 70% van die stemgeregtigde kiesers in die provinsie. Die mense wat die afgelope naweek geregistreer het, sal by die getal gevoeg word,” voeg Sampson by. Amanda Gouws, dekaan van politieke wetenskappe by die Universi-

teit Stellenbosch sê uitdruklik, om nie te stem nie, is nie ’n opsie nie. Volgens haar was die opkoms van die afgelope naweek baie laag en dat mense duidelik nie besef wat hulle eintlik doen nie. “As jy nie stem nie, gaan jy geen impak kan maak op die land se politiek nie. Die belangrikheid van ’n demokrasie is dat daar ’n sterk opposisie moet wees. As jy nie wil hê die regerende partye moet meer aan bewind wees nie en jy is ongelukkig met hul dienslewering, gaan stem vir ’n ander party.” Gouws voeg by die kategorie jonger mense tussen die ouderdom van 18 tot 25 jaar is baie groot. “Hulle kan volgende jaar die uitslag van die ver-

kiesing verander.” Pieter Heydenrych, politieke ontleder van die Noord-Wes Universiteit sê die boodskap oor hoekom landsburgers, en veral jonger burgers, die afgelope naweek moes gaan registreer, is vanjaar nie baie duidelik deur die media en die OVK oorgedra nie. “Ons bly in ’n demokrasie en ’n verkiesing is een van die min ruimtes waar mense hul mening kan lig deur te gaan stem.” Volgens hom dink hy nie mense besef hoe ingrypend nasionale sake soos die ekonomie, vervoer en die grondstelsel hulle direk raak nie. “As jy ’n jong mens is wat nog moet gaan werk en daaraan dink om een-

dag jou eie besigheid te open, gaan die ekonomiese beleid van die land veral ’n belangrike rol in jou bedryf speel.” Heydenrych voeg by in ander lande soos Australië word dit as ’n oortreding beskou indien daar nie aan die verkiesing deelgeneem word nie. Die OVK se hoofdoel in volgende jaar se verkiesing is om so veel as moontlik mense en jonger mense in die streke waar hulle bly, te kry om te gaan registreer. “Dit is baie belangrik dat mense in hul regte stemstreek moet gaan registreer en stem,” benadruk Sampson. Volgens die OVK glo hulle dat alle kiesers volgende jaar met integriteit moet gaan stem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.