Swartland
Year 11 • 15 October 2013 | Tel. 022 482 3817
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
HSS se Kunstefees
Hoërskool Swartland se jaarlikse kunstefees het Vrydagaand afgeskop, maar diegene wat nie die deftige kaas-enwyn-première kon bywoon nie, kan uitsien na nóg vertonings op 15, 21 en 24 Oktober wanneer die room van HSS se talent sal wys wat in hulle steek. Hier maak akteurs en spanlede van Ingrid Jonker se Seun na my hart reg vir aksie voor die gordyn lig. Sien die kalender op bl. 8 vir besonderhede van ander items op die kunstefees. FOTO: LIZETTE SMIT
Jong boer se dood ruk M’bury
CHARLOTTE LESCH
MALMESBURY – Skokgolwe en ’n gevoel van leegheid heers in Malmesbury nadat ’n geliefde seun, broer, vriend en boer die afgelope naweek in ’n motorongeluk gesterf het. Bennie Lambrechts (29) en Wilhelm Buhr van Malmesbury het Sondagoggend omstreeks 04:05 in die rigting van Villiersdorp op die R321 gery toe die ongeluk plaasgevind het, sê kaptein Celia Blom van die Villiersdorp-polisiestasie. Volgens die polisie is Bennie op slag dood. Die polisie was op patrollie in die Vyeboom-gebied tussen Grabouw en Villiersdorp toe hulle ligte gewaar het. “Die beamptes het die bakkie op sy dak teen ’n boom aan die ander kant van die pad aangetref,” sê Blom. Die polisie vermoed Bennie het agter die stuur aan die slaap geraak. Volgens sy pa, Kobus, was hulle op pad na ’n vriend van Bennie op Vil-
liersdorp om daar te oornag. Wilhelm is na die Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes geneem ná hy uit die wrak gesny moes word. Bennie moes ook uit die wrak gesny word. Wilhelm is vroeg Sondag na Mediclinic Stellenbosch oorgeplaas waar hy tans in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die hoësorgeenheid is. Volgens ’n vriend is Wilhelm se een long geskeur en is sy regter wangbeen vergruis. “Hy is verder vol snye, maar dit gaan beter met hom,” sê Jaco Louw van Malmesbury. Bennie, wat saam met sy broer Gawie op die plaas Nassau geboer het, het vanjaar as ondervoorsitter in Malmesbury se landbouvereniging gedien. Hy was ook verlede jaar ’n finalis in Agri Wes-Kaap se Jong Boer van die Jaar-kompetisie. Nie net was hy ’n bekende boer in die gemeenskap nie, maar ’n geliefde inwoner van Malmesbury. Ben Marais, voorsitter van Malmesbury Landbouskou, sê Bennie was ’n uit-
haler wat die skou betref het. “Hy het nooit nee gesê nie en was altyd gewillig om te help. Ons gaan hom baie mis.” Truter de Kock van Malmesbury Landbouvereniging glo Bennie gaan beslis gemis word. “Hy gaan deur die hele gemeenskap gemis word. Hy was plegtig betrokke in die gemeenskap. Dit is ’n groot skok. Sy glimlag sal altyd onthou word. Bennie het beslis sy lewe voluit gelewe.” Laerskool Swartland, waar Bennie ’n oudleerling was, beskryf Bennie as ’n pragtige seun met ’n innemende persoonlikheid en maklik om mee te kommunikeer. Volgens die skool was hy tot onlangs steeds betrokke. “Bennie het graag broodjies kom uitdeel vir behoeftige kinders en ’n finansiële bydrae gelewer om minderbevoorregte kinders te help. Sy dood is ’n groot skok. Ons simpatie is met sy ouers en familie.” Volgens Gawie, is sy broer se dood steeds ’n groot skok. “Ek dink nie realiteit het heeltemal ingeskop nie.” Sy
ma, Annalise, sê hulle is baie dankbaar vir al die boodskappe, oproepe en besoekers wat hulle deur hierdie tyd ontvang. “Al die mense help ons om aan die gang te bly.” Elsa Lambrechts, Bennie se tannie sê hy was haar hart se punt. “Bennie was so lief vir sy mense. Hy het ’n manier gehad om onder mense se vel in te kruip. Hy gaan baie gemis word vir baie lank.” ’n Groep van ongeveer 30 vriende van Bennie het Sondagaand op Stellenbosch bymekaar gekom om sy lewe te vier en sy vriendin van die afgelope drie jaar, Linda Santilli, by te staan. Boodskappe van medelye het op sy Facebook-blad ingestroom. Stephné Stannard skryf: “Jou groot hart, diepe omgee, gentleman-maniere, soengroet hello’s en hoe jy die lewe geniet het was wonderlik, uniek.” Wilmien du Toit skryf: “Sjoe, Bennie sal onthou word vir die jong man met die mooiste maniere in die dorp. RethaMarie Nieuwenhuys skryf: “Bennie,
Bennie Lambrechts (29) jy was altyd so vriendelik en vol lewe. Niemand was ooit minder as iemand anders nie.” Sy begrafnis vind Saterdag om 10:30 in die NG Moedergemeente op Malmesbury plaas. Bennie laat sy ma, Annalise, sy pa, Kobus, sy broer, Gawie, en sy vriendin, Linda Santilli, agter. . Intussen het boere en sakelui met skok verneem van ’n jong vlieënier wat die afgelope naweek dood aangetref is. Meer inligting kon nie teen druktyd bekend gemaak word nie.