Swartland gazette 17 03 2015

Page 1

Swartland

Sedert 1954 Since

022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za X1PTHTUM-ST030315

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 13 • 17 March 2015 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Swartland se beste potjies Die OK Minimark/Tyger Brands Gemeenskappotjiekoskompetisie is Saterdag in Wesbank op Malmesbury gehou. Ná ’n strawwe kookkompetisie is Ian Adams en sy Hunger Buster-span as die wenners aangekondig vir hul lamsboudpot. Van links is Roscoe Liedeman en Chandre Lesch wat die derde plek gekry het saam met Megan, Ian en Bella Adams met hul trofee en R5 000 prysgeld. Miem Sulaiman, sy vrou Shameema en seun Imraan, het die tweede plek vir ’n seekospot gekry. (Sien nog foto’s op bl. 12). FOTO: LIZETTE SMIT

Gebiede onherkenbaar ná opgradering LIZETTE SMIT MALMESBURY - Inwoners in Wesbank en Illingelethu sal na verwagting teen 2018 nie hul woongebiede herken nie, met talle projekte wat in dié gebiede beplan word om dit te verfraai en opgradeer. “Een van die voordele van dorpsontwikkeling is die kinders se omstandighede wat sal verbeter, en dit is belangrik, omdat hulle die grootmense van môre is,” só het Tijmen

van Essen, die burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, verlede Donderdagmiddag tydens ’n perskonferensie oor die nuwe residensiële sosio-ekonomiese projek (RSEP) gesê. Die beplande dorpsontwikkeling sluit onder meer voetpaaie, ’n mobiele satelliet-polisiestasie, bome, ’n speelpark, binnenshuise sportsentrum en ’n informele mark in Wesbank en Illingelethu in. Die projekte is bedoel om mense se lewensomstandighede in dié woonbuurte, waar sowat 70% van die dorp se kontakmisdade en werkloosheid voorkom, te

verbeter. Die droom is dat hierdie sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojek in die toekoms ook in omliggende dorpe in die Swartland geïmplementeer sal word, maar is uiteraard onderhewig aan provinsiale en nasionale regeringsbronne. Voorverlede Vrydag (6 Maart) het die Wes-Kaapse regering aangekondig dat ’n begrotingstoekenning van R235 miljoen bewillig is vir ’n projek wat in ses munisipaliteite in die provinsie uitgerol sal word. Die sowat R20 miljoen wat die Swartland-munisipaliteit (SM) sal

ontvang, sal tot en met 2018 gebruik word om welkome veranderinge te doen. Volgens Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder van SM, sal die eerste van die beplande projekte in die nuwe finansiële jaar met ingang van Julie aangepak word. Van hierdie projekte is steeds in die beplanningsfase terwyl ander byna geïmplementeer kan word. Die uitvoerende burgemeesterskomitee het volgens Van Essen ’n leidende rol in die projek gespeel. Die beplanning van die projek het reeds

in 2012 begin met die eerste voorlegging wat in Oktober 2013 gedoen is. Voetoorgange oor die besige N7 sal die veiligheid van inwoners verseker. ’n Satellietpolisiekantoor, ’n opgegradeerde speelpark en mark in Jakarandastraat is ’n paar van die projekte. Meer ambisieuse projekte is die binnenshuise sportsentrum, gemeenskapsentrum en ’n splash pool en fonteine vir warm somerdae. Publieke toilette sal by die informele mark asook by woonhuise opgerig word. (Foto’s op bl 2.)

TOT

50% AF!!

OP UITGESOEKTE SOMERDRAG. MALMESBURY 022 487 2356

60ste VERJAARDAG UITVERKOPING NOU AAN! RCS fasiliteite beskikbaar Lay-buy vir 3 maande

KOOPBEWYSE BESKIKBAAR

VOORRAAD IS BEPERK. GELDIG TERWYL VOORRAAD HOU. AAAAAA-ST170315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.