Swartland gazette 18 mar 2014

Page 1

Swartland

Wynand van Zyl | 072 871 1618 wynand@omnicars.co.za Cobus Edas | 082 939 4219 edas@omnicars.co.za

i10 From: R115,900.00 • Integrated Bluetooth audio system • Fuel economy • Powerful performance • Eco-driving function • USB Mp3 and iPod connectivity

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Year 12 • 18 March 2014 | Tel. 022 482 3817

Woelig, maar op toonbank slaap ek ENIGE PLEK IS ’N GOEIE SLAAPPLEK:Daniël Janse van

Rensburg (amper drie jaar oud) slaap, volgens sy ma Tanja, die lekkerste in Malmesbury se Super Spar. Volgens Tanja is hy eintlik ’n woelige seuntjie, en dat hulle verlig is wanneer hy besluit om te slaap wanneer hulle daar inkopies doen. Hier slaap hy op die toonbank terwyl sy ma vir hul inkopies betaal.

Forum wil kollektief na oplossings soek LIZETTE SMIT

MALMESBURY - Verskeie rolspelers in die Swartland het verlede week ’n belofte onderteken van hul voorneme om in die toekoms sáám maatskaplike uitdagings aan te pak.

Die burgemeester van die Swartland-munisipaliteit, rdsh. Tijmen van Essen, teken die samewerkingsooreenkoms wat deur meer as 21 rolspelers onderteken is. Aan sy linkerkant is onder-burgemeester Maude Goliath, en in die agtergrond regs is die burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Harold Cleophas. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, het gesê by definisie beteken dit die nuutgestigte Swartland maatskaplike forum sal voortaan hul programme integreer in plaas daarvan dat elkeen sy eie ding doen. Die stigting van die Swartland maatskaplike forum is verlede Donderdagoggend by die Wesbank-gemeenskapsaal deur verteenwoordigers van meer as 21 rolspelers bygewoon. Die fokus van die forum is kinderbeskerming, slagofferbemagtiging, alkohol- en dwelmmisbruik asook jongmense wat skool vroegtydig verlaat. Die doel is om in samewerking met rolspelers volhoubare oplossings vir hierdie probleme te vind. Fritz het die vergadering gemaan om

nie bloot syfers na te jaag nie, maar ’n werklike impak op hul gemeenskap te maak. Hy het ook gemaan teen bloot geld in probleme te stoot wat nie beteken dat die probleem opgelos word nie, maar net ’n beter befondste probleem skep. “Dit moet ons besigheid wees om hoop te skep want dis wat ons nodig het,” het hy gesê. Marguerite Holtzhausen, die hoof van gemeenskapsontwikkeling by die Swartland-munisipaliteit, het die vergadering tydens ’n praktiese werksessie aangemoedig om te ondersoek watter bydrae hulle kollektief tot probleemareas kan maak. “Ons moet kyk wat tans beskikbaar is, wat die kwaliteit van die betrokke diens is en wat in die toekoms gedoen kan word.” Sy het klem gelê op die belangrikheid dat daar nie net bloot gepraat word oor probleme en oplossings nie, maar spesifieke sperdatums vir werkbare, volhoubare oplossings gestel word. ’n Dwelm-aksiekomitee sal op 20 Maart onder leiding van die Swartland-munisipaliteit gestig word. Een van die funksies van dié komitee sal wees om ’n geïnte-

Mans Soviet Sneakers

R220

Mans T-hemde Dames Easywear T-hemde

WAS R99 NOU R49

Leggings

R79

Lizzy t-hemde

R99

R99

Kakiebos T-hemde

WAS R199 NOU R160

-50% Havianas

WAS R250 NOU R125

Dames Soviet Sneakers

R199

Mans T-hemde

R79

(GELDIG TERWYL VOORRAAD HOU,UITVERKOPING SLEGS OP GESELEKTEERDE ITEMS)

Malmesbury 022 487 2356

RCS fasiliteite beskikbaar Lay-buy vir 3 maande

KOOPBEWYSE BESKIKBAAR

Quiksilver T-hemde

WAS R199 NOU R160

greerde aksieplan op te stel en in samewerking met die gemeenskap te implementeer. Organisasies of mense wat hierby betrokke wil raak, kan hul kontakbesonderhede aan Gertrude van der Westhuizen by 022 487 9400 deurgee.

Die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, het kaalvuis gepraat oor maatskaplike probleme en oplossings.

ra st ak r sl aat im Vans Sneakers

R470

Tomy Sneakers

R120


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.