Swartland gazette 19 aug 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Year 12 • 19 August 2014 | Tel. 022 482

3817

Rockies pak Blackies dié Saterdag in Wellington

Eerskomende Saterdag pak Hoërskool Swartland (Rockies) en Hugenote Hoërskool (Blackies) mekaar op Wellington vir die 2014 Interskole. Van links is Rossouw Koen en Marieta Basson (dirigente), Stefan Borman (eerste rugbyspan-kaptein), Dali Ntsobi (dirigent), Karla Smit (eerste netbalspan-kaptein), De Wet Visser (gelukbringer), FC Truter (seuns eerste hokkiespan-kaptein), Renelda Scholtz (meisies eerste span hokkie-kaptein), Kelly Hawtrey en Lushane Beeton (dirigente), Melissa Loock (sjampanjemeisie) en Carli Nel (dirigent).FOTO: LIZETTE SMIT

Dink pienk, maak ’n verskil Eers het meters en meters pienk materiaal in Malmesbury aangekom, en toe nóg 1 650 meter. Danksy wonderlike borgskappe word die Pink Trees-projek vir ’n tweede keer aangepak, en vertrou die organiseerders dat inwoners hierdie jaar weer ’n baie groot en belangrike verskil sal kan maak in die omstandighede van pasiënte wat afhanklik is van Kansa se diens en sorg. “Ons kry die geleentheid om op ’n helderpienk manier ’n verskil te maak,” het Marieta Botha (op foto), die koördineerder van Pienk Trees gister gesê, “dis ook ’n pretti-

ge manier om die lente in te wy ná ons lang ‘winterslaap’,” het sy bygevoeg. “ Sodra die diagnose van kanker gemaak is, tree groot en onverwagse uitgawes in, wat ekstra spanning en bekommernis meebring. Terwyl Kansa nie vir mediese uitgawes en behandeling van pasiënte betaal nie, word hulp verskaf deur middel van die voorsiening van doeke, voedselaanvullings, looprame, rolstoele, krukke, asook vervoer na en van behandeling,” verduidelik Botha. Aangesien die geldnood byna daagliks groter word, gee ’n projek soos hierdie vir elke lid van die ge-

meenskap die geleentheid om ’n bydrae te maak. Deur ’n meter of meer materiaal te koop teen R20 per meter, kan elkeen ’n daadwerklike verskil in iemand se omstandighede maak en Kansa help om geld vir hulp aan geregistreerde pasiënte aan te vul. Materiaal is beskikbaar by Kansa, Malmesbury; by Magdel Brink by Groenrivier Function Centre op Riebeek Wes; by Moorreesburg Koringberg Toerismekantoor in Kerkstraat (0 022 433 1072 Hermien en Annelise); by Marina Lewis by 083 218 8624 op Darling en Nadine le Roux by 084 677 0077 op Yzerfontein.

Kontakpersone in Malmesbury is Marieta Botha (082 937 3830) en Dolly Marais (083 809 1738) vir meer inligting. Gesondheid is absolute genade! Botha nooi almal om die projek te ondersteun. Sy stel ook voor waar dit iemand enigsins moontlik is hy of sy ’n ekstra meter of meer koop en dit skenk aan iemand wat andersins nie aan die projek sou kon deelneem nie. “My gunsteling slagspreuk vir dié projek is, think pink and the world becomes rosy, kom ons oortref verlede jaar se groot sukses,” het Botha aangemoedig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.