Swartland
LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT
Swartland se skole oorvol LIZETTE SMIT
MALMESBURY - Swartlandse skole loop oor en sal na verwagting binne dié week nóg voller raak. Jonathan Saunders, die skoolhoof by Riverlands Primêr op Riverlands, ’n landelike skool, sê hulle is heeltemal vol met gemiddeld 40 kinders in elke klas, ook in die gr. 1-klasse. Hy voorspel nie dat die syfer drasties sal styg nie, en voeg by hulle sal geen kind wegwys nie. Saunders sê daar is onderwys-assistente beskikbaar wat met groot klasse kan help. Rhona Josias, die skoolhoof by St. Michaels Primêr op Abbotsdale, sê dié skool is vol, maar daar is voorsiening gemaak vir ’n derde gr. 1-klas. Sy skryf die groot getal inskrywings toe aan die nuutgeboude laekoste behuising op Abbotsdale. Die gemiddelde getal kinders in ’n klas by St. Michaels is 30 volgens Josias. Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het hier en daar ’n plekkie, maar word ook as vol beskryf. Denise Mostert, die administratiewe beampte by Darling Laerskool wat met nuwe inskrywings werk, sê hulle is tot oorlopens toe vol en dat kinders weggewys moes word. Dié kinders word na Vooruitsig Primêr op Darling verwys. Mostert voorspel dat daar waarskynlik nog nuwe leerders op die eerste skooldag sal wees. Cathy Steenkamp by Laerskool Swartland op Malmesbury sê by hulle is nie plek vir ’n muis nie. Sy stel voor dat ouers hul kinders op die
laatste Septembermaand vir die volgende skooljaar inskryf om teleurstelling te voorkom. Hoërskole is ook vol. Dorothy de Klerk, wat nuwe inskrywings verwerk by Hoërskool Swartland op Malmesbury, het Maandag gesê hulle is tjok en blok vol, maar móét steeds nuwe inskrywings hanteer. Sy vertel hoe daar gedurende die afgelope feesseisoen taamlik nuwe intrekkers op Malmesbury gekom het en die kinders nie weggewys kan word nie. Alet Kriel by Hoërskool Porterville sê hulle is ook vol en moes al nuwe aansoeke wegwys. Sy verduidelik hoe die huidige getalle egter nog tot die eerste naweek na die skool begin het, kan verander. “Mense verhuis dikwels gedurende die feesseisoen sonder om die skool daarvan in kennis te stel of soms is daar nuwe intrekkers van buite die streek wat hul kinders inskryf.” André Claassen van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury sê hulle is oorvol en kan glad nie meer kinders inneem nie. Hy sê hul matriekklas alleenlik is vanjaar 286 kinders. Claassen verduidelik hoe Wesbank Sekondêr en Schoonspruit talle aansoeke van kleiner dorpies in die streek ontvang omdat daar nie hoërskole in dié dorpies is nie. Leerders van Abbotsdale, Kalbaskraal, Riverlands, Chatsworth en Darling word ook hier ingeskryf. Nuwe inskrywings van Chatsworth en Darling word egter tans na skole in Atlantis verwys. “Daar is te min hoërskole in die streek," het hy Maandag gesê.
Year 13 • 20 January 2015 | Tel. 022 482 3817
nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za
Oestyd twee weke vroeër
Oestyd in die Swartland het vanjaar, vanweë die droë weer, sowat twee weke vroeër gekom. Die plaas Nuweland het gister Pinotage-druiwe begin oes. Die eienaar, Ewan Louw, sê hulle is baie tevrede met hoe die druiwe lyk. Hulle het ook aansienlik vroeër as gewoonlik begin pars nadat die wingerd vroeg begin bot het. Werner van der Merwe, ’n kontrakteur, kyk hier toe soos werkers druiwe oes. Sien ook berig op bladsy 3. FOTO: CHARLOTTE LESCH
Swartland
Carpet & Upholstery Cleaners We use the latest deep cleaning and Quick drying technology to make your carpets and upholstery look and smell like new.
Contact Ankia @ 081 4335244 for an obligation free quote
000000-ST200115