Swartland
X1Q06NM1-ST210415
LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT
Year 13 • 21 April 2015 | Tel. 022 482 3817
nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za
Dean Dempsey steeds gesoek LIZETTE SMIT MALMESBURY - Die soektog na Dean Dempsey het gister voortgegaan met die polisie wat vol hoop was om, danksy goeie weer, ’n deurbraak in die soektog te maak. Dempsey (24) is oorspronklik van Vereeniging en het ’n pos as onderwyser by Hoërskool Swartland aanvaar waar hy Maandag, 13 April, sou begin werk het. Hy is egter Vrydagoggend, 10 April, laas gesien toe hy na bewering by ’n vriend sou gaan kuier wat in Bloubergstrand woon. Dempsey se wit Toyota Yaris is verlede Dinsdag by die Bloukransbrug by die Stormriviermond in die Oos-Kaap, op die N2 tussen George en Port Elizabeth, gekry waar hy by die Tsitsikamma Khoisan Village oornag het. Werknemers wat by die tolhek by die rivier werk, het volgens polisiewoordvoerder, konst. Hennie du Rand, gesê hulle het vir Dempsey verlede Dinsdag op die brug bo die rivier gesien waar hulle hom gevra het om die brug te verlaat aangesien niemand op die brug toegelaat word nie. Dit was die laaste keer dat mense aangemeld het hulle Dempsey gesien het.Volgens inligting van die polisie is verskeie briewe gekry wat deur Dempsey aan onder andere sy ouers en meisie geskryf is.Die vermoede bestaan dat ’n moontlike liefdesteleurstelling onder meer tot
Dempsey se gedrag gelei het. Du Rand sê die soektog na Dempsey geniet tans prioriteit en vertel hoe hy oorval word met oproepe van die media, Dempsey se ouers, die skool en besorgde belangstellendes wat wil weet wat die nuutste verwikkeling in die soektog is. Du Rand sê sommiges is positief dat hy ongedeerd gekry sal word, maar voeg by die realiteit egter is sou iemand vir Dempsey ’n geleentheid gegee het, soos sommige mense wil glo, iemand intussen die polisie met nuus oor hom sou gekontak het, aangesien die soektog landswye mediadekking geniet. Du Rand sê die soektog by die Stormsriviermond is die afgelope paar dae bemoeilik deur gure weer, mistigheid en bykans onbegaanbare terrein. Die rivier het ook afgekom as gevolg van reën. Die polisie en ’n vrywillige soekgeselskap, wat hulle gister by die polisie aangesluit het, is positief dat gister se mooi weer nuwe leidrade in die soektog sal oplewer. Die area is met behulp van ’n helikopter gefynkam en die polisie het ook gister ’n boot te water gelaat om met die soektog op die rivier te help, maar maak nog nie van polisieduikers gebruik nie. Die polisie sluit nie die moontlikheid van selfdood uit en dat sy liggaam dalk met die afkom van die rivier in die see gespoel het nie.
’n Mens sal besoekers aan Riebeek-Kasteel verskoon as hulle twee keer kyk wanneer hulle Ida Degenaar en haar seun, Dewalt, met hul hanslam deur die strate sien stap. Dit is nie aldag dat ’n hanslam soos ’n wafferse hond aan ’n leiband stap nie, behalwe as die lam dalk onder die indruk verkeer sy wel ’n hond is. Lees die storie op bl.2. FOTO: LIZETTE SMIT
Spuittoerusting en Presisieboerdery
Nozzle opleiding In veld herstelle 4/7 2 g n i t s u r e o t e w Verskaf nu Fabrikate gediens deur Petrichor: QT; John Deere; Hardi; Tachnoma; Jacto; Miller nog vele meer! Offisiële Wes-Kaapse agent vir: Raven Precision Farming & Quantum Field Services Janus Eksteen Cell: 076 3499 238 / Email: janus@petrichorsa.co.za 000000-ST210415