Swartland gazette 22 jul 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 12 • 22 July 2014 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

’n Modderige affêre

Riebeek-Valleiers betoog voor die polisiekantoor in Riebeek-Wes. Inwoners was die afgelope naweek gereed om die reg in eie hande te neem na ’n jong meisie gesterf het.

(Sien ook berig op bladsy 2.)

FOTO: LIZETTE SMIT

Inwoners soek ‘heilige man’

LIZETTE SMIT RIEBEEK-WES - Woedende inwoners soek die man wat deur sy volgelinge Jesus genoem word, homself glo die messias noem en volgens inwoners verantwoordelik gehou kan word vir die dood van ’n 23-jarige meisie. Tientalle mense het Saterdagmiddag na die plaaslike polisiekantoor opgeruk waar hulle aangedring het dat dié Jesus aan hulle uitgelewer word na die polisie die man glo vir sy eie veiligheid na die kantoor geneem is. Die skare se woede het histeriese vlakke bereik toe hulle besef die man

is nie aangekla nie, maar is toegelaat om die perseel te verlaat. Die polisie het van skokgranate en rubberkoeëls gebruik gemaak in ’n poging om die mense te kalmeer. Riaan Adonis, die pa van die oorlede meisie, was ook voor die polisiekantoor en het nie omgegee om sy weergawe van die gebeure te vertel nie. Adonis sê dié Jesus, soos sy aanhangers hom noem, se naam is James Brink en is hy oorspronklik van Belhar, ’n voorstad van Bellville. Hy het drie jaar gelede die “Heilige Apostel Kerk” op Riebeek-Kasteel begin en gou volgelinge gekry vir wie hy streng reëls neergelê het. Sy volgelinge mag glo net meng met mense wat aan dié

Die jaarlikse fun run is Saterdag buite Moorreesburg gehou en het weer veldfietsentoesiaste en vierwielfietsentoesiaste van oral gelok. Modder en groot plasse water het vanjaar gesorg dat fietse én ryers na afloop van die wedren almal verskillende skakerings van bruin was. Sien nog foto’s op bl 13. FOTO: HESMARIE NEL

kerk behoort, hulle mag nie medikasie of mediese sorg kry nie en hulle moet mekaar groet met die “heilige kus”. “Deur dié kerk het ek my vrou en kinders verloor omdat hulle niks met my te doen mag hê nie. Ek vermoed my dogter het TB opgetel van die alewige gesoenery van die mense. Mans soen mans, vroue soen vroue, almal soen vir almal!” het Adonis vertel. Hy vertel hoe sy dogter sowat drie maande gelede ernstig siek geword het. Hy het haar hospitaal toe geneem waar sy met ’n ernstige vorm van tuberkulose gediagnoseer is en onmiddellik opgeneem is. Brink en sy sogenaamde dissipels het haar glo egter uit die hospitaal ontvoer waarna haar

toestand drasties vererger het. Adonis sê hy het by die polisie, die Swartland-hospitaal, ’n maatskaplike werker en ’n staatsaanklaer om hulp aangeklop, wat hom glo nie kon help nie. Sy dogter is verlede week oorlede. Volgens gerugte en gesprekke wat Saterdagaand gehoor is, het haar liggaam glo vir etlike dae in ’n huis gelê voor dit verwyder is, maar die polisie kon nie teen druktyd hierdie gerugte bevestig alvorens ’n geregtelike doodsondersoek afgehandel is nie. Die uitslag van dié ondersoek sal volgens die polisie ook bepaal of Brink aangekla sal word en indien wel, waarvoor hy aangekla sal word. Reginald Patience, ’n gemeenskapsleier, het gesê hy is ontevrede

oor die manier waarop die polisie die situasie met die inwoners voor die polisiekantoor hanteer het. “Die geskietery was nie nodig nie,” het hy gesê verwysend na rubberkoeëls wat deur die polisie afgevuur is en na bewering twee mense getref het. Volgens inligting van die polisie is ’n 17-jarige seun wat ’n skamele 40 kg weeg en ook aan Brink se kerk behoort het, intussen inderhaas hospitaal toe geneem vir behandeling en het hy moontlik dieselfde vorm van tuberkulose onder lede. Dit is nie bekend waar Brink hom tans bevind nie en hy kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie. Hy word Saterdag by die oorlede meisie se begrafnis verwag.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.