Swartland Gazette 22 Junie 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 19 Junie 2012 | Tel. 022 482 3817

Ek is vinniger as jy! Kinders

Lees binne

van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het Vrydag (15 Junie) aan ’n baie suksesvolle boeresportdag buite die Koringmuseum deelgeneem. Elke kind het ’n koppie sop gekry en verder aan speletjies deelgeneem. Die sakspringresies was baie gewild. Die een groep het skaars klaar gespring dan het die volgende groep begin. Die boeresportdag was een van talle Jeugdagaktiwiteite wat verlede week regoor die Swartland gehou is. FOTO: HESMARIE NEL

Sakelui gevra om vrygelatenes nog ’n kans te gee. BLADSY 2

Skaapstudiegroep die beste in Suid-Afrika. BLADSY 3

Te veel van ’n lekker ding... David Engelbrecht MALMESBURY – Personeellede het naels gekou. Honger klante wou net hul tande in ’n spotgoedkoop burger slaan. Maar niemand het verwag dat die kitskosrestaurant wat een van die beste spesiale aanbiedinge in ’n lang tyd in die Swartland aangebied het, etlike ure voor toemaaktyd sy deure vir die dag sou moes sluit nie. Die sogenaamde “chaos” wat die Steers-groep verlede Woensdag landwyd getref het, het ook nie die Swartland verbygegaan nie en die eienaar van die plaaslike tak, Jackie Jordaan, sê sy voel jammer vir die mense wat ná 16:00 moes uit-

vind hul planne vir ’n aandete van Wacky Wednesday-ribburgers is in die wiele gery. Steers het teen daardie tyd al sy deure gesluit omdat daar nie voorraad oor was nie. Jordaan vertel die moeilikheid het begin toe die ribbetjies reeds vroegoggend van die rakke af gevlieg het en hulle kort voor lank uit voorraad was. “Ek is al ook reeds die oggend Kaap toe om nog voorraad te gaan kry, omdat ek voorsien het dat ons nie genoeg sou hê nie.” Sy het daarna weer by hul depot probeer om varkribbetjies in die hande te kry, maar sy het verneem dat ook húlle uit voorraad was en hoofkantoor het laat weet hulle moet eerder Rave-burgers teen dieselfde spotgoedkoop prys van R10

verkoop. “Daar was gevalle waar kliënte tot 60 bestellings op ’n slag kom plaas het. Later was daar ’n wagtyd van 30 minute vir elke grootmaatbestelling. Ons het selfs kliënte van buite Malmesbury gehad wat ver gery het net vir die promosie.” Jordaan sê sy het baie klagtes van ontevrede klante ontvang, meestal omdat ’n promosie-item geadverteer is maar nie beskikbaar was nie. Joline Hendricks het aan die Gazette gesê dat sy en haar kollega ’n paar burgers vir die kantoor gaan koop het en vir amper ’n halfuur moes wag om dit te kry. “Wonder bo wonder het ek besluit om die oggend te gaan, anders sou ek seker

nog twee ure vir net ’n burger moes wag.” Jimmy Dale het ook gesê die gebeure het ’n baie swak indruk geskep. “As jy ’n produk of winskopie adverteer, moet jy weet jy kan die belofte volhou. Hulle moes iewers ’n limiet op die aantal burgers gesit het. Jy kan nie jou deure wil toemaak landwyd net oor dit uitverkoop is nie. Dit sal my nie verbaas as mense hulle nie weer in die toekoms sal steur aan so ’n winskopie nie.” “Ek het begrip vir die mense wat kwaad en ontsteld is,” sê Jordaan. “Mense het beplan om dalk aandete te los en eerder die Wacky Wednesday-promosie te kry, en moes dan voor toe deure kom staan.” Sy beklemtoon egter dat dit ’n landwye

probleem was en geensins net die Malmesbury-tak getref het nie. In ’n persverklaring aan die Gazette sê Val Bourdos, besturende direkteur van Steers, dat die afwesigheid van ’n limiet op die hoeveelheid burgers wat elke kliënt sou mag koop die probleem veroorsaak het en dat hulle nie gedink het die aanbieding sou so ’n stormloop veroorsaak nie. Steers het ook onderneem om sulke struikelblokke in toekomstige promosies uit die weg te ruim. Liam Titus, nog ’n inwoner wat graag die restaurantgroep ondersteun, het gesê hy sal sy burger op ’n ander dag kry – hy sal ten spyte van Woensdag se teleurstelling nie ophou om Steers te ondersteun nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.