Swartland gazette 24 03 2015

Page 1

Swartland

Sedert 1954 Since

022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za X1PTHTUM-ST030315

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 13 • 24 March 2015 | Tel. 022 482 3817

Swartlanders stap vir kanker

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Jana Smit van Malmesbury, wat by die agtste Kansa Relay for Life op die dorp betrokke was, neem foto’s van die luminaria-sakkies ter herdenking of ondersteuning van kankerlyers.

Malmesbury se agtste Kansa Relay for Life het die afgelope naweek plaasgevind en tot 1490 mense deur die hekke gelok. Sien nog foto’s op bl. 10. FOTO’S: CHARLOTTE LESCH

Vrae, antwoorde oor winkelsentrum op M’bury CHARLOTTE LESCH MALMESBURY - Die beplanning rondom die beoogde R320 miljoen se winkelsentrum op Malmesbury, word bejeën met groot opgewondenheid, maar veral die plaaslike sakelui het ook baie vrae. Vrae én bekommernisse sluit onder meer in of die ontwikkeling die middedorp se sakekern ’n stille dood sal laat sterf en of plaaslike ondernemings gebruik sal word met die ontwikkeling van die nuwe sentrum. Malmesbury Sakekamer het dit daarom goed gedink om die ontwikkelaar van die 21 000 m² sentrum, deel van die Klipfontein-ontwikkeling oos van Piketbergweg, na ’n onlangse netwerksessie uit te nooi. Die ontwikkelaar van die sentrum,

Danie Viljoen, besturende direkteur van Harry Viljoen Eiendomme, het aan ’n stampvol OLOK-saal, gevul met sakelui en inwoners, gesê Malmesbury is al jare gelede as ’n brandpunt vir só ’n ontwikkeling geïdentifiseer. “Malmesbury móés al ’n mall gehad het,” het hy gesê. Viljoen het gesê hul ontwikkelingsmaatskappy, Nobel Property Fund, spesialiseer in klein dorpe en die ontwikkeling van winkelsentrums daar. “Ons het ’n goeie portefeulje en bestaande verhoudings met nasionale huurders, daar is vertroue in wat ons doen en in ons produk,” het Viljoen gaste verseker. Mario dos Reis van Harry Viljoen Eiendomme sê hulle het daardie spesifieke ligging vir hul ontwikkeling gekies, omdat die area vir kommersiele ontwikkeling gesoneer is. Sommi-

ge sakelui is egter bekommerd of dit die regte ligging vir die ontwikkeling is wat toegang tot die sentrum betref. Dos Reis sê egter daar is voldoende toegang omdat dit deel uitmaak van die groter Klipfontein-ontwikkeling en dat die sentrum vanaf die N7-snelweg sigbaar sal wees. “Die ligging het in studies goeie resultate vir die ontwikkeling opgelewer. Die ligging is ook in ooreenstemming met nasionale huurders se kriteria,” sê Dos Reis. Hy het besoekers vertel hul besluit op Malmesbury as ligging is gebaseer op aanvraag van nasionale huurders vir spasie om hier te huur, en ’n studie wat Douglas Parker Associates behartig het oor die lewensvatbaarheid van só ’n ontwikkeling op grond van 2011 se sensus-syfers. Die sentrum, wat beoog word om in

Augustus 2016 te open, se planne sluit ongeveer 840 parkeerplekke in, wat kelderparkeerplek insluit. Hulle hoop om sowat 800 werksgeleenthede te skep. Viljoen het verder gesê hulle is tans besig om drie ankerhuurders in plek te kry, waarvan Woolworths een is. Woolworths, wat Harry Viljoen Eiendomme self genader het, sal voorlopig 2800 m² opneem wat hul kos-, klereen leefstylafdeling insluit. Die grootste ingenieursuitdaging is om die winkels op ’n gelyke vlak te kry met ’n val van sowat 18 m van die hoogste tot die laagste punt. Planne, soos vereis word deur die munisipaliteit, sal binne die volgende week ingedien word. Dit sluit onder meer siviele, strukturele, meganiese, elektriese en die konstruksieplanne vir die winkelsentrum in. Viljoen het

bygevoeg daar is ’n goeie verhouding van samewerking met die plaaslike munisipaliteit. Die argitektuur sal by die omgewing en landskap pas. “Ons hoop dat julle die ontwikkeling jul eie sal maak en daarop trots sal wees,” voeg Viljoen by. Patrys Bester van Bester en Vennote het onder meer gevra of plaaslike besigheid gebruik sal word met die ontwikkeling van die sentrum. Viljoen het gesê, indien die prys reg is en papiere agter mekaar is, sal hulle beslis plaaslike besighede gebruik. Febbie Malherbe van Prima Groep het gesê daar heers wel kommer oor wat met die middedorp gaan gebeur. “Daar gaan ’n effek wees, maar hoe groot?” Checkers se hoofkantoor kon nie voor druktyd sê of hulle een van die ankerhuurders gaan word nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.