Swartland Gazette 24 July 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 24 Julie 2012 | Tel. 022 482 3817

Welkom, tannie Evita!

Lees binne Moratorium op ontwikkeling ná dekade opgehef. BLADSY 2 Inbrake, rooftogte by besighede aan die toeneem. BLADSY 3 Bekende korrespondent groet na 25 jaar. BLADSY 7

Tannie Evita Bezuidenhout, die bekende satiris wat haar naam aan Evita se Perron op Darling verleen het, het verlede Woensdag (18 Julie), op Internasionale Nelson Mandeladag, ’n draai op die dorp gemaak om die Swartland DBV saam met kinders van die Darling Trust te besoek. Die span van die DBV het die kans aangegryp om saam met haar vir ’n foto te poseer. Van links is Rosemary Julies, Stephanie Daniels, tannie Evita, Stephanie Fortuin en insp. Wayne Hector. Lees nog berigte en sien nog foto’s van Madibadag op bl. 10. Foto: Verskaf

Skole: hoop én onsekerheid David Engelbrecht DIE Nu-Hoop Primêre Skool buite Porterville se naam spreek dalk van hoop, maar dié skool se klein personeelspan sê hulle het min hiervan vir die toekoms.

Dit kom nadat die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, enkele weke gelede aangekondig het dat 27 skole in die provinsie moontlik hul deure sal moet sluit. Gerugte dat Weltevreden Primêr buite Riebeek-Wes en Berghof Primêr buite Porterville óók op die lys van skole in die weegskaal is, het nog personeel en beheerliggame in die war gehad, maar die onderwysdepartement het dit verlede week in die kiem gesmoor en dit as vals gerugte afgemaak. Nu-Hoop Primêr, ’n klein plaasskool buite Porterville, se hoof, Johanna Rheede, het aan die Gazette bevestig dat hulle ’n kennisgewing van die heroorweging van hul voortbe-

staan van die onderwysdepartement gekry het. Die beheerliggaam is ook reeds bymekaargeroep om oor die verwikkeling ingelig te word. Volgens Rheede glo sy dat hulle geïdentifiseer is weens die leerlinggetalle by die skool. “Ons getalle wissel al vir ’n hele klompie jaar. Een jaar is dit 35, die volgende 33. Die getalle travel maar so.” Sy sê die moontlike sluiting was vir hulle baie ontstellende nuus. Grant se woordvoerder, Bronagh Casey, sê die meeste skole in die weegskaal is klein plaasskole wat deur die departement gehuur word en aansienlik minder hulpbronne as groter skole het. Casey sê die redes waarom Nu-Hoop geidentifiseer is as een van die 27 skole, kan insluit dat leerlinggetalle verminder het, asook ’n aantal grade wat in een klas saamgevoeg is en die vlak van dienslewering belemmer. “Onderwyskenners meen dat hierdie

manier van onderwys nie die beste opsie is nie. Daarom probeer die departement die beste opsie bied waar moontlik.” Volgens Rheede gaan daar volgende maand ’n openbare vergadering by die skool gehou word waar ouers en inwoners genooi gaan word om saam te praat. Hierna kan lede van die publiek na die minister gaan met hul kommentaar. Oor gerugte dat Berghof en Weltevreden Primêr se deure ook sou sluit, sê Casey dat die ANC besig was om die publiek om die bos te lei en dat slegs drie skole in die Weskus op die lys is. Dié twee skole tel nie onder hulle nie, hoewel onderwysers met wie die Gazette gepraat het tog ’n mate van onsekerheid weens die gerugte ervaar het. Berghof en Weltevreden het egter nie kennisgewings van die departement ontvang nie. Sanette Smit, lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee, sê op haar beurt dat Casey se stelling onwaar is. “Ons is bewus

daarvan dat die skoolhoof van Berghof gekontak is met betrekking tot die moontlike sluiting, maar dat hulle nie dieselfde dokumentasie ontvang het as Nu-Hoop nie.” Rheede sê dat leerlinge weet wat aangaan, maar dat hulle nie te veel hieroor praat nie. “Ons probeer so min moontlik hieroor voor die kinders praat. Dit ontstel hulle.” Die twee onderwysers by die skool is ook bewus daarvan dat hul toekoms onseker is. “Ons permanente onderwyser sal saam met die kinders na ’n groter skool geskuif word. Ons kontrakonderwyser se werk sal geskrap word.” Volgens Rheede sal hulle teen die einde van die derde kwartaal weet of die skool se deure vir ewig gesluit moet word. In ’n persverklaring aan die Gazette het Grant gesê dat hy al 27 skole se individuele behoeftes sal ondersoek voor ’n finale besluit geneem sal word. Hy het klem gelê op die erns van ’n openbare deelname-proses wat gevolg moet word voor enigiets besluit sal word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.