Swartland
i10 From: R115,900.00 • Integrated Bluetooth audio system • Fuel economy • Powerful performance • Eco-driving function • USB Mp3 and iPod connectivity
Year 12 • 25 February 2014 | Tel. 022 482 3817
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Trap boetie, trap jong Parstyd in die Swartland beteken kelders in die streek hou parsdae waar besoekers op die tradisionele manier deel van die wynmaakproses kan word. Riebeek Kelder het Saterdag parsdag gehou wat goed ondersteun is deur wynliefhebbers van sover as die Weskus en Hermanus. Hier pak die Blitz Hasies met Ania Strozynska en Ignatius Meyer (naaste aan die kamera) die Jakkalsdansspan in vate vol druiwe om te sien watter span binne vyf minute die meeste sap uit die druiwe kan trap. FOTO: LIZETTE SMIT
Sakeman wil Darling syne maak
LIZETTE SMIT
DARLING - Talle sake-ondernemings op Darling oorweeg regstappe na ’n plaaslike sakeman hul ingelig het hul mag nie meer die naam Darling gebruik nie, want dit is nou ‘syne’. Dit wil sê ondernemings soos onder meer Darling Vleismark, Darling Brew, Darling Wine Shop en Darling Community Market mag nie meer Darling in die naam hê nie. Verskeie inwoners en besigheidseienaars het verlede week hul skok uitgespreek ná hulle na bewering deur Nicholaas Basson, ’n prominente sakeman en inwoner van die dorp, per e-pos en brief ingelig is dat die woord Darling geregistreer is en
hulle gemaan is om nie meer die naam te gebruik nie. Volgens ’n kontrak, wat een van die sakemanne die Gazette toegelaat het om onder oë te neem, en verskeie betroubare bronne wat weens die sensitiwiteit van die saak verkies om anoniem te bly, word ’n hele spektrum van gebruiksaanwysings ingesluit vir die uitsluitlike gebruik deur die sogenaamde geregistreerde eienaar van die naam Darling. Navrae is verlede week by die Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) gemaak om te bevestig of die naam Darling wél geregistreer is, maar kon teen druktyd nie bevestig word nie. Marinus Wiechers, ’n bekende grondwetkenner, het by navraag gesê dit is onmoontlik om die naam van
’n dorp te registreer omdat dit sou indruis teen die grondwetlike reg van vrye handel binne die reg. Hy sê Basson kan wel die naam Darling Brands, waaronder hy tans handel dryf, gebruik, maar dat niemand die reg op die naam van ’n dorp het nie. “Geen, geen instansie sal die naam van ’n dorp laat registreer nie. Dit is absoluut belaglik!” het Wiechers gesê. Hy het verder verduidelik dat sou iemand die woord Darling as geografiese ligging of troetelwoord registreer, selfs mense wat hul geliefde darling noem, gedagvaar sou kon word. Basson het gister in reaksie op navrae gesê dat dit hul besigheid se beleid is om nie met die pers te praat of op beriggewing te reageer nie en alle regte voorbehou word om aksie
in te stel as gevolg van enige vorm van skade wat die besigheid of die eienaars van die besigheid kan ly as gevolg van sensasionele beriggewing of beriggewing wat gebaseer is op kwaadwillige en/of verkeerde feite. Talle sake-eienaars met wie die Gazette verlede week gepraat het, het gesê dat hulle óf regstappe oorweeg of reeds met regstappe begin het. Raadslid Chris Hunsinger van die Swartland-munisipaliteit het by navraag gesê indien Basson inderdaad die regte tot die Darling-naam bekom het, dit regsgevolge vir gebruikers en besigheidseienaars inhou. “Dit is egter nie waar mens begin nie. Ek is oortuig dat dit sinvol is om almal bymekaar te kry en dan alles
moontlik te doen om deur gesprek ’n oplossing te vind. As plaaslike regering van die Swartland sien ons dit in ’n baie ernstige lig. Ons steun die groei en ontwikkeling van elke besigheid, produk en talent. Almal wat briewe ontvang het, word genooi om op Donderdagaand, 6 Maart, om 19:00 in die Darling Focus-gebou bymekaar te kom om die aangeleentheid te bespreek.” Een van die besigheidseienaars wat vir kommentaar gevra is, het gesê die ingewikkeldheid van die aangeleentheid gaan oor Darling as handelsmerk en Darling as geografiese ligging of verwysing na oorsprong. Hy het gesê openhartige gesprekvoering het reeds in ’n atmosfeer van wedersydse respek en begrip begin plaasvind.