Swartland gazette 26 aug 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Year 12 • 26 August 2014 | Tel. 022 482

3817

Darling se goue meisie doen dit weer! Die vuvuzela’s het gister in Darling geraas ná Gezelle Magerman goud gewen het by die Jeug Olimpiese Spele in Nanjing, China, met ’n tyd van 57:91. Gezelle het Vrydag 22 Augustus, haar beste gedoen in die 400 m hekkies uitdunne. Sy het eerste gekom en het die wedloop klaar gemaak in ’n tyd van 58:57. Ná Vrydag se wedloop was Gezelle ekstaties oor haar wen. “Ek was ’n bietjie gespanne voor die wedloop, miskien omdat ons nog nie enige medaljes gewen het nie, maar ek het net lank en hard na ons land se vlag vir inspirasie gekyk.” Sy sê soos die wedloop begin het, het sy net seker gemaak dat sy haar pas gehou het, maar by die 200 m merk was sy derde. Gezelle Magerman na haar wedloop in “Toe het die Nanjing,China by die 2014 Jeug Olimpiese veggees waar- Spele. voor Suid-Afrikaners tradisioneel bekend is, ingeskop. Ek het links van my gekyk en ’n Duitse meisie gesien en ek het gedink “daar is geen manier dit gaan gebeur nie.” Ek het my treë verkort en met vyf meter tot die wenstreep het ek geskiet en toe ek sien, het ek gewen.” Jan Filander, Gezelle se pa, het gister na afloop van die wedloop, gesê toe hy sien sy dogter kom eerste oor die wenstreep gehardloop, was hy sprakeloos. “Dit was ’n besonderse oomblik, ek kon nie praat en het trane van blydskap gehad. Dit is wonderlik om te sien dat al haar harde werk en nooit-opgee-houding haar só ver gebring het.” Haar pa vertel dat haar ma, Janine, net kon huil van blydskap en dat hulle altwee baie trots op hul dogter is.

Saterdag se interskole tussen Hoërskool Piketberg en Hoërskool Porterville is te Piketberg gehou. Die groot geleentheid van die dag was die o. 19A-rugbyspanne se wedstryd. Hier is JC Binneman van Hoërskool Piketberg besig om weg te kom met die bal. Hoërskool Piketberg is as die wenners aangewys met ’n finale telling van 19-12 in hul guns. Sien nog interskole-foto’s op bl.11 en bl. 16. FOTO: NICOLE CLOETE

Renelda onder WP se beste swemmers MALMESBURY – Renelda Scholtz is die derde beste swemmer in die provinsie in haar ouderdomsgroep. By WP Swem se 2014-toekenningsgeleentheid, wat op 23 Augustus in Rondebosch aangebied is, het Renelda hierdie gesogte toekenning ontvang vir die voorafgaande jaar se somerliga. Dit is die eerste keer dat so ’n toekenning ’n plaaslike swemmer te beurt val. Praat mens met die hoofafrigter, Riaan Steyn, is dit ooglopend dat hy trots is op Renelda, “Al haar harde werk en deursettingsvermoë het die deurslag gegee. “Hierdie toekenning moet verder gesien word teen die agtergrond dat die somerliga in aanvang neem direk na die wintersporte en dat sy geen volwaardige winterprogram gevolg het nie.” “In die Swartland kon sy eers in Oktober in koue water begin oefen. Ek en die klub is trots op haar en sien uit na die volgende seisoen aangesien sy nou al in die nuwe binnenshuise swembad kan oefen.”

Briane Reynolds, die president van WP Swem, Renelda Scholtz en Riaan Steyn, hoofafrigter.

The Best for Month-End Savings! COMBO DEAL

AMAZING PORK DEALS!

- Pork Rashers: Plain or Spiced. - Pork Loin Chops. - Pork Belly - whole.

39

.99 p/kg

4kg Chicken Bag

105.00 p/bag

2x 250g Cheesy Polony 2x 250g French Polony

Prices valid at Brito’s Stores from Wednesday 27 August until Saturday 30 August 2014. Excludes Brito’s Philippi. While Stocks Last. E&OE

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

19

.99

p/combo

Assorted Pasta (choose any 3)

3 18.99 for


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.