Swartland Gazette 26 Junie 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 26 Junie 2012 | Tel. 022 482 3817

Lees binne

Swartlandse skoonheid: Hoërskool Swartland se jaarlikse ARTHSS-glansgeleentheid is verlede Donderdagaand (21 Junie) in die Malmesbury Stadsaal gehou. Honderde ondersteuners het luidkeels hul gunsteling-deelnemers kom aanmoedig en saamluister na Karlien van Jaarsveld wat as gaskunstenaar opgetree het. Dié aantreklike deelnemers is uiteindelik as die wenners aangewys. Van links is Mariam Solomon (tweede prinses), Diane van Wyk (eerste prinses), Ronel le Roux (Mej. HSS), Michael Garisch (Mnr. HSS), Duncan Matthews (eerste prins) en Charlton Esbach (tweede prins). Lees ’n berig en sien nog foto’s op bl. 8. FOTO: DAVID ENGELBRECHT

Skietery eis winkeleienaar in Wesbank. BLADSY 2

Swartlander vertel van aand op ongelukstrein. BLADSY 3

Olimpiese goud wink dalk Lizette Smit RIEBEEK-KASTEEL – Die wêreld se 10 490 beste atlete neem vanjaar ná die strafste kwalifiseringsprosesse denkbaar aan die Olimpiese Spele in Londen deel. En ’n inwoner van die kleine Riebeek-Kasteel is een van hulle!

Met die aankondiging van die Suid-Afrikaanse vrouefietsryspan vir die 2012 Olimpiese Spele is Ashleigh Moolman-Pasio, wat vroeër vanjaar ook die vroue-afdeling van die Pick n Pay Cape Argus-fietstoer gewen het, die kans gegee om Olimpiese goud huis toe te bring. “Dit is ’n geweldige groot geleentheid en ’n droom wat bewaarheid word,” het sy verlede week, kort na die aankondiging, vanuit Serinya in Spanje aan die Gazette gesê. Sy is van plan om ’n podiumposisie tydens die

Spele te kry. Moolman-Pasio sê onderskeidelik die Lotto Belidit is ’n groot eer om haar land sol- en Momentum Toyotaby die Olimpiese Spele te verspanne. “Ons ken mekaar se teenwoordig. Sy vertel hoe sy sterkpunte én swakhede baie as jong meisie daarvan gegoed en gebruik dit tot ons droom het om aan die Spele voordeel met nasionale trots as deel te neem en van haar beons motivering,” sê sy. wondering en respek vir die Chris Wilkins, uitvoerende Olimpiese atlete. “En nou gaan bestuurder van DTV, die sagtemy eie Olimpiese droom bewareonderneming wat Moolwaarheid word!” man-Pasio borg, is vol lof vir Sy beklemtoon dat padfiets- Ashleigh Moolman-Pasio haar doelgerigtheid. “Ashleigh renne ’n spansport is en dat sy is ’n voorstander van die bebevoorreg is om saam met spanmaats, wat langrikheid van sielkundige voorbereiding sy as “die talentvolle Robyn de Groot and Jo- en die noodsaaklikheid om ’n plan van aksie anna van de Winkel” beskryf, te ry. “Saam te volg. Ons borg haar reeds vir die afgelope is enigiets moontlik en ons sien uit daarna twee jaar en sy is waarlik ’n inspirasie vir om op 29 Julie in Londen mee te ding.” ons. Ons ondersteun haar volkome.” Sy sê dat sy en haar spanmaats plaaslik Moolman-Pasio se professionele fietsryen oorsee meeding en in die proses al baie loopbaan het drie jaar gelede eers begin terwaardevolle ondervinding opgedoen het in wyl sy chemiese ingenieurswese op Stellen-

bosch studeer het. Vandag word sy erken as een van die land se voorste vrouefietsryers. Sy spandeer die afgelope drie jaar ses maande van die jaar in Europa om ondervinding in ’n baie kompeterende sport op te doen – ’n strategie waarvan sy uiteindelik hoop om die vrugte te pluk wanneer sy en haar spanmaats in Londen hul land teen die wêreld se beste fietsryers sal verteenwoordig. Moolman-Pasio vertel ter herinnering aan Carla Swart, ’n Suid-Afrikaanse fietsryer wat haar lewe in ’n fietsry-ongeluk verloor het, dat haar leuse vandag is om groot te droom en dinge te láát gebeur. “Ek droom van ’n medalje by die Olimpiese Spele en ek gaan my bes doen om dit te bewaarheid.” ) Die kompetisie waarin Moolman-Pasio en haar spanmaats meeding, begin na verwagting om 12:00 op 29 Julie. Dit sal moontlik regstreeks uitgesaai word, maar die uitsaaityd moet nog bevestig word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.