Swartland gazette 27 01 2015

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 13 • 27 January 2015 | Tel. 022 482 3817

SAFARI-PRET:Charl Bezuidenhout (2) van Malmesbury, speel die afgelope Saterdag op ’n Kubota-trekker gedurende die wingerdstudiegroep se jaarlikse Safari-dag op die plaas Weldie.FOTO: ARENDI WILLERS VAN ARENDI WILLERS PHOTOGRAPHY

Skape glo bemark CHARLOTTE LESCH

MOORREESBURG - Meer as 500 merinoskape wat oor die feestyd vermis geraak het, is glo reeds bemark aan veilingskrale. Só sê kapt. Theuns Carelse van Malmesbury-polisie se veediefstaleenheid, wat die ondersoek hanteer. Volgens hom is daar vasgestel dat die skape by Roelcor en ander veilingskrale bemark is. Dit is egter nog nie duidelik of die verdagte, op wie se plaas die vermiste skape aangetref is, sy eie skape ook bemark het nie. Dirkie Bester, ’n boer van die plaas Glen Peter buite Moorreesburg, vertel hy het op 14 Januarie agter gekom van sy skape is vermis toe hy terug keer van vakansie.

Bester het sy skape getel voor hy weg is. Toe hy die dag terugkeer, is 131 vermis. So ook drie ander boere se skape wat elk meer as 100 skape vermis het. Die omgewing is dadelik deursoek. Van die skape is toe met een van die boere, “Sokkerbol” de Kock se verkyker op ’n plaaswerf in die omgewing gewaar. Vier sake is die Vrydagoggend deur die boere gemaak. Die ondersoekbeampte het kort daarna die werkers op die plaas, waar die vermiste skape gewaar is, ondervra. Die boer van die plaas was toe nie teenwoordig nie. Bester vertel die nektoestel op een van sy skape wat noodseine na sy foon deurstuur wanneer ’n skaap besig is om vinnig te beweeg, het hom

laat die Vrydagmiddag ophou “bel”. Die toestel is vermoedelik vernietig. Malmesbury se veediefstaleenheid en die boere het Saterdag 17 Desember die 2 000 ha-plaas waar die skape gewaar is, deursoek en verskeie troppe gevind en verwyder. Die boere se skape was gemerk, wat gehelp het met die uitkenning daarvan. Elke boer vermis nog ’n paar skape. Die meeste van Bester se skape wat vermis was, is jong merino-ooie. Carelse het aan die Gazette gesê geen inhegtenisnemings is al gedoen nie. Hy sê verder hulle is besig om nog getuies te kry vir ondervraging. Geen verdere inligting was teen druktyd bekend nie. Die drie ander boere, De Kock, Olivier Slabbert en André Rust, wou nie kommentaar lewer nie.

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

’n Helikopter laat val Sondagmiddag water in die omgewing van Riebeek-Kasteel waar ’n brand ontstaan het en na van die boere se plase versprei het.FOTO: SHELLY TRUTER

Boer verloor 130 ha weiding in brand CHARLOTTE LESCH RIEBEEK-KASTEEL - Groot skade is aan ’n boer van Riebeek-Kasteel se weiding aangerig nadat ’n brand Sondagoggend in die vallei ontstaan het. Die brand het volgens inwoners vermoedelik in die omgewing van Esterhof ontstaan en na gedeeltes van onder meer die plase Waterbron, Mountain View Breeders, Deli-Co en La Fleur versprei. Een van die boere, Kobus Lotter van Mountain View Breeders, sê egter hy het sowat 130 ha weiding verloor. “Ek het byna al my weiding verloor en sal moontlik van my beeste moet verkoop.” Hendri Truter van Deli-Co slaghuis sê hy is nie seker hoeveel hektaar van hul grond onder vlamme was nie, maar sê die

brandweerdienste was baie hulpvaardig. ’n Helikopter en spuitvliegtuig is later ontbied om die brand te help blus. Lotter sê verder die vlamme het na aan sy hoenderhokke gekom. Sou hulle vlam gevat het, was die skade baie meer gewees. Brandbestryders het Maandagoggend om 07:30 die laaste vlamme by Lotter dood gespuit. Stefan le Roux, wat op die plaas La Fleur werk, sê die vlamme het tot teenaan hul plaas gekom, maar hulle kon dit betyds onder beheer bring. Bertus Senekal, brandweerhoof van die Weskus Distriksmunisipaliteit wie se brandweereenheid na die brand ontbied is, was nie gister beskikbaar vir kommentaar nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.