Swartland
MALMESBURY Tel: 022 482 1147
Moments Coffee Shop
MA - SA: 07:30 - 19:00 SO: 07:30 - 17:00
Valid from 27 November - 2 December 2012
JF 4912
Tramezzini with creamy chicken, peppers, mushroom & basil mayo served with chips R40.00 We reserve the right to limit quantities. While Stocks last. No traders.
Year 10 • 27 November 2012 | Tel. 022 482 3817
Philip swem ’n ryk oes los in Italië G’N KEER AAN PHILIP: Philip Weideman van Laerskool Swartland op Malmesbury het Maandag teruggekeer van Italië, waar hy aan die internasionale wêreld Down-sindroom-swemkampioenskap deelgeneem het. Hy het twee goue, drie brons- en een silwermedalje huis toe gebring. Hy het Maandagoggend ’n helde-ontvangs by die skool vir sy uitmuntende prestasies ontvang. Saam met Philip is sjampanje-meisies vir die geleentheid, Anika de Beer (heel links) en Helen Halvorsen (regs langs Philip).FOTO: LIZETTE SMIT
Malmesbury moet karakter bou CHARLOTTE LESCH
MALMESBURY - “Ons wil nie hê mense moet deur die dorp ry nie. Ons wil hê mense moet hier stop,” sê Linza Louw, voorsitter van die Toerisme Advieskomitee van Malmesbury.
Denton verwys na die vyf C’s om in ag te neem vir die taak op hande. “As die gemeenskap een van karakter wil word, begin kyk na die karakter (Character). Wees bevoeg (Competent) met selfvertroue (Confident). Gee ook om (Care), wees volhoubaar (Consistent) in wat jy doen en kommunikeer (Communicate).” Om suksesvol te wees moet die gemeenskap se geloof in die projek sterk wees. “Die projek moet familie-georiënteerd wees – die pers moet help om die dorp se karakter te bemark. Besighede, die plaaslike regering, die skole en sporten rekreasie-organisasies moet ook betrokke wees.” ’n Tussentydse komitee om die projek te koördineer het aan die einde van die lesing tot
stand gekom om die projek aan die rol te kry. Een van die nuwe komiteelede het voorgestel dat die dorp ’n ambassadeur moet kry, asook ’n gesig van Malmesbury om die projek van die grond af te kry. Mense moet op die ou einde van die dag kan sê: “Gee vir my Malmesbury.” . Sien foto op bladsy 3.
De jagers 10x8 4912
Dié komitee het met die inisiatief na vore gekom om die dorp ’n nuwe gesig te gee waarop inwoners kan trots wees. Dié projek behoort egter nie aan die plaaslike toerismegemeenskap nie, maar aan Malmesbury se gemeenskap. Die strewe is om Malmesbury in ’n dorp met karakter te omskep – en almal moet help.
Dr. Mario Denton, internasionale bedryfsielkundige en motiveringspreker, is net so opgewonde oor hierdie projek. Louw het hom genader om die dorp ’n paar riglyne te kom gee oor hoe die gemeenskap te werk moet gaan om ’n sukses van dié projek te maak. Volgens Denton, hoof van die Character First Instituut van Suid-Afrika, begin alles by karakter. “Negentig persent van mislukte maatskappye se probleme het begin by die werkgewers en werknemers se karakter.” Hy meen verandering moet by die wortels van die probleme begin. “Liefde vir geld, jouself en plesier is die wortel vir slegte karaktereienskappe, maar liefde vir mense, God en gee, lê die wortel vir goeie karaktereienskappe.”
kortboeke,
Worcester 023 342 1177 | Mountain Mill 023 347 0994 | Paarl 021 872 8500 | Paarl Mall 021 863 0992 | Stellenbosch 021 886 5168 | Tygervallei 021 914 7816 | Malmesbury 022 487 2356 | Vredenburg 022 713 3405 | George 044 874 2224 | Oudtshoorn 044 272 8487 | Mosselbaai 044 690 6831 | Zevenwacht Mall 021 903 3345