Swartland
Year 11 • 29 October 2013 | Tel. 022 482 3817
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Op die foto links betoog inwoners van Saamstaan vir die uitsetting van die kleinveeboere en op die foto regs betoog die kleinboere teen hul uitsetting.
FOTO’S: LIZETTE SMIT
Kleinboere en Saamstaan betoog teen mekaar LIZETTE SMIT
MALMESBURY – Aan die een kant van die polisielinie het kleinboere betoog téén hul uitsetting, aan die ander kant van die linie het inwoners van Saamstaan betoog vír die uitsetting van die kleinveeboere, en in die middel het verteenwoordigers van die Swartland-munisipaliteit memorandums van altwee ontvang en onderteken. Henry Fredericks van die Surplus People Project het voor die aanvang van die beskermde optog verlede Vrydag gesê die kleinveeboere betoog omdat hulle tans deur die munisipaliteit van hul grond af-
gesit word met geen alternatiewe grond wat aan hulle beskikbaar gestel word nie. Hy sê ook dit is die Swartlandmunisipaliteit se grondwetlike plig om te sorg dat ’n klimaat geskep word vir onderhandelings en dat hulle deur die oorhandiging van die memorandum die munisipaliteit verantwoordbaar wil hou. Fredericks sê dit wil voorkom asof die munisipaliteit nie die belange van arm mense op die hart dra nie, maar slegs dié van die rykes. Die grond, wat in die optog ter sprake was, is geleë op die grens van Saamstaan, die treinspoor en die N7. Tijmen van Essen, die burgemeester van die Swartland-munisi-
paliteit, skat daar is meer as 30 kleinveeboere wat op dié stuk grond woon. In 2004 het die munisipaliteit konsultante aangestel om ’n sakeplan op te stel om kleinveeboere op ’n plaas te vestig, iets wat hy sê eintlik die nasionale regering se funksie is. Hy noem daar was sprake van die staat wat ’n plaas sou koop, maar dit het nooit gerealiseer nie. Van Essen verduidelik dat die kontrak wat aanvanklik met die kleinveeboere gesluit is, verval het en die kleinveeboere is genooi om ’n nuwe kontrak te sluit, maar dit is glo nooit in die teenwoordigheid van prokureurs gefinaliseer nie en is dus ongeldig.
Wat die teenwoordigheid van die boere op dié stuk grond problematies maak, is hulle wat los rondloop en gereeld op die N7 beland en wat hierdie besige pad dus onveilig maak. Teen-betogers en inwoners van Saamstaan het gekla oor die stank van die diere wat nie ver van hul huise aangehou word nie en die vlieëplaag as gevolg van die toestande waarin die diere aangehou word. “Wanneer jy kos maak en waag om die deksel van die pot op te lig, val die vlieë in die kos en laat dit lyk soos peperkorrels wat daar lê,” het een van die inwoners van Saamstaan tydens die betoging vertel. “Mense wil nie meer by ons kom
kuier nie. Hulle sê Malmesbury stink,” het ’n ander inwoner vertel. Gerugte van kleinveeboere wat diere op dié grond slag, kon nie bevestig word nie. Van Essen het bygevoeg, aangesien daar nie ’n geldige kontrak met die kleinveeboere gesluit kon word nie, die grond waar hulle boer vir behuising in 2015–’16 opsy gesit is. Hy sê die kleinveeboere is reeds kennis gegee dat hulle moet trek. Kleinveeboere het met die oorhandiging van die memorandum gevra dat ’n vergadering gehou moet word waar rolspelers en belangegroepe ’n langtermynoplossing kan bespreek. Die datum van dié vergadering moet nog bekend gemaak word.
Vir slegs R3999* per maand kan jy ’n bietjie meer verwag. Die Mercedes-Benz C-Klas Edition C. Met sy sportiewe AMG bakstilering, Auto Avantgarde en ons 100 000 km/6-jaar PremiumDrive Diensplan moet jy toegee dat daar heelwat meer op die spel is. Bespreek vandag nog jou toetsrit by die nommer hieronder. C-CLASS
Voertuigspesifikasies mag vir die Suid-Afrikaanse mark verskil. *Bepalings en voorwaardes geld. Aanbieding bereken op ’n C180 Auto Avantgarde Edition C. Teen ’n primakoers minus 2.58% oor 36 maande, deposito van 12%, totale kleinhandelprys van R419 436.40 teen ’n reswaarde van 61%. Aanbieding onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. Aanbieding net by deelnemende handelaars beskikbaar.
Standaard met die nuwe PremiumDrive Diensplan. Finansiering word deur Mercedes-Benz Finance and *Insurance voorsien, ’n afdeling van Mercedes-Benz Financial Services South Africa (Pty) Ltd., ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste (Lisensienr. 18 604) en Krediet (Lisensienr. NCRCP80). *Onderskryf deur Regent Insurance Company Ltd. (FSB. 25 511) of Alexander Forbes Insurance Company Ltd. (Lisensienr. 30414).
MALMESBURY MOTORS - 43 Voortrekker Street, - Tel.: 022 482 2981 - Email: joliver@malmesburymotors.co.za