Swartland gazette 2 aug 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 12 • 2 September 2014 | Tel. 022 482

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

3817 Die rekrute saam met lede van die polisie en GPF is (van links) Elrico Cleophas, Hlalanathi Baba, Hefre Brand (ondervoorsitter van Malmesbury GPF), Jadé Blom, JamieLeigh Coetzee, kol. Niels Nilsson (bevelvoerder by Malmesbury-polisiekantoor), Lucian Ruiters, brig. Aneeqa Jordaan (kluster-bevelvoerder), en Cynthia Slingers (voorsitter van die Malmesbury GPF).

Skou se skoonhede

FOTO: LIZETTE SMIT

Groter deursigtigheid nou ’n realiteit LIZETTE SMIT

MALMESBURY - Die gemeenskap sal van nou af insae hê en kan terugvoering gee oor die kwaliteit van polisie-rekrute. Dit beteken sou ’n potensiële beampte tydens die onderhoude beïndruk en mediese en fiksheidstoetse met vlieënde vaandels slaag, maar hom of haar in die geheim met onwettige bedrywighede ophou, dit deur ’n lid van die gemeenskap aangemeld kan word vóór rekrute ’n voet in die polisie-kollege sit. Die handjievol plaaslike mans en vroue wat reeds deur ’n strawwe keuringsproses gegaan het om in aanmerking vir die polisie-opleiding te kom, is verlede Donderdagaand tydens ’n GPF-vergadering amptelik aan die gemeenskap voorgestel. Aneeqa Jordaan, die bevelvoerder van die Paarl-kluster se polisiekantore wat sewe kantore insluit, het dié geleentheid bygewoon en gesê daar was in die Wes-Kaap alleenlik meer as 10 000 aansoeke van mense om by die polisie aan te sluit. Sy het die vyf rekrute uit Malmesbury wat die keuringsproses geslaag het, geprys vir die besondere prestasie maar bygevoeg dat die regte werk nou eers begin. Jordaan sê dit is die eerste keer in die geskiedenis van die SA-polisie dat die gemeenskap die geleentheid gegee word om ’n opinie oor rekrute te lewer. “Indien enigiemand besware het, kan hulle sê. As jy weet dat iets fout is, praat,” het sy die gemeenskap genooi. Sy het bygevoeg die strenger keuringsproses is daarop gemik om ’n beter kwaliteit polisiebeampte aan te stel en moontlike korrupsie te ver-

my. Jordaan het die rekrute gemaan om hul werk op die regte manier te doen en nie kortpaaie te vat nie, veral in die lig van die nuwe teen-korrupsie-eenheid wat gister (1 September) amptelik die lig gesien het. Dié nuwe eenheid se uitsluitlike doel sal wees om korrupsie onder polisie-beamptes te ondersoek. Cynthia Slingers, die voorsitter van die Malmesbury GPF, het die rekrute die geleentheid gegee om te vertel waarom hulle by die polisie wil aansluit. Antwoorde was onder meer om die gemeenskap te dien, mense te help, dwelms van die strate af te kry en om mense veilig in hul huise te laat slaap. Konst. Hennie du Rand, polisiewoordvoerder, het gesê die uniform wat jy dra, die polisievoertuig wat jy ry en ’n vuurwapen maak nié van jou ’n polisiebeampte nie. Hy het die rekrute daaraan herinner dat polisiewerk ’n roeping en nie net nog ’n werk is nie. Kol. Niels Nilsson, die bevelvoerder by Malmesbury-polisiekantoor, het bygevoeg dat ’n mens ’n passie vir polisiewerk moet hê. Hy het die rekrute gevra hoe hul teenwoordigheid as polisiebeamptes ’n bydrae sal lewer, maar niemand wou antwoord nie. Nilsson het sy kommer uitgespreek dat die rekrute nog nie dié vraag vir hulself gevra het nie. Jordaan het gevra waarom hulle dink soveel polisiebeamptes aan diens vermoor word en gesê rekrute moet spesifiek aandag gee aan reëls wat vir hul eie beskerming in plek gestel is. Indien iemand besware teen enige van die nuwelinge het, word hy of sy genooi om kol. Niels Nilsson by die plaaslike polisiekantoor by 022 482 7500 te bel.

Vanjaar se mnr. en mej. Malmesbury Skou is Tiaan Smit en Robyn Hartman. Die kroning is Vrydagaand by die skougronde op Malmesbury gedoen en dit is ook die eerste keer dat ’n mnr. Skou gekies is. Kyk hoe die eerste en tweede prinse en prinsesse lyk op bl. 2. FOTO: LIZETTE SMIT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.