Swartland Gazette 28 Aug 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 28 Augustus 2012 | Tel. 022 482 3817

RUGBYDAG OP WESBANK: Die nasionale bekendstelling van die Coca-Cola Schools Excellence Programme het Saterdag op 25 Augustus op Wesbank se sportgronde plaasgevind. Tembelani Matihlani van Schoonspruit Sekondêr se o.19 A-rugbyspan, hardloop volstoom met die bal na hul doellyn, terwyl sy teenstander van Weston High se duikslag misluk. Sien berig en nog foto’s op bl. 15. FOTO: VERSKAF

Ma en baba glo aan eie genade oorgelaat Lizette Smit MOORREESBURG – ’n Jong paartjie soek antwoorde ná hul drie dae oue baba gesterf het.

Hulle wil weet of die rede vir dié tragedie is omdat die moeder en baba nie deur ’n dokter by Swartland-hospitaal ondersoek is nie, óf weens haar onmiddellike ontslag uit die hospitaal, óf die feit dat die moeder sowat vyf uur ná sy geboorte geskenk het, in die reën met haar pasgebore baba huistoe geryloop het. Die direkteur van kommunikasie by die Wes-Kaapse departement van gesondheid, Faiza Steyn, het haar medelye met Zelda Pietersen, Marius Cloete en hul familie ná die dood van hul baba uitgespreek. Sy het gesê dit is nie algemene praktyk om die moeder en baba onmiddellik ná geboorte te ontslaan nie. “’n Doktor sal dit moet bevestig ná ’n deeglike ondersoek van die moeder en baba.” Steyn het ook bevestig dat opvolgsessies intussen met Pietersen gereël is.

dersoek op haar en Pietersen het Dondie baba gedoen word derdagoggend (23 om doodseker te Augustus), ure ná maak dat alles reg is. haar baba koud en By die hospitaal is blou in sy wiegie aansy behandel en saam getref is, haar nagmet ’n ander vrou in merrie-ondervin’n kamer gesit. Pieding met die Gazette tersen sê ’n dokter gedeel. het omstreeks 09:00 Sy vertel hoe sy sy rondes gedoen en Maandagnag (20 Augustus) omstreeks Zelda Pietersen en Marius Cloete is troosteloos die ander vrou en ba04:00 by hul huis in ná hul baba verlede Donderdag, drie dae ná sy ba in die kamer onRosenhof op Moor- geboorte, oorlede is. FOTO: LIZETTE dersoek, maar nie vir haar en Marquin nie. reesburg geboorte SMIT Ná die dokter se beaan klein Marquin geskenk het. Volgens die hospitaalkaart het soek het verpleegpersoneel haar glo vertel Marquin 2,110 kg by geboorte geweeg. Sy sê dat sy onmiddellik moet huistoe gaan omdat daar was geen komplikasies met die geboorte hulle die bed nodig het vir ander vroue wat nie en dat alles goed afgeloop het. Ná die ge- in kraam is. As gevolg daarvan sê Pietersen, boorte is sy en haar baba deur ’n ambulans het sy aangeneem dat sy nie in die wagkamer na die Swartland-hospitaal geneem omdat vir haar man kon wag nie. Pietersen het besluit om met haar pasgebodie plaaslike kliniek op daardie stadium nog gesluit was en sy wou hê dat ’n algemene on- re baba Moorreesburg toe te ryloop.Sy sê sy

is dankbaar vir ’n geleentheid wat sy saam met ’n kennis gekry het. Sy sê dat alles op die oog af goed gegaan het en hoe sy Donderdagnag omstreeks 02:00 vir klein Marquin geborsvoed het en weer aan die slaap geraak het. Voor Cloete sou gaan werk, wou hy sy seun vir ’n paar minute vashou en het gesien dat sy lippies blou en sy lyfie koud is. Die baba is dood net ná die ambulans by die huis aangekom het. Steyn beveel pasiënte aan om hul bekommernisse (soos vervoer) met die verpleegster in beheer of fasiliteitsbestuurder te bespreek voordat hulle sake in hul eie hande neem om sommer net te loop. Sy sê ook dit blyk die departement sal moet kyk na die uitdaging van terugvervoer ná die ontslag van pasiënte en of vroue wat gekraam het aangesien pasgebore babas se gesondheid in die gedrang is. Ook is die departement van voorneme om te kyk na deegliker pasiënt en maatskaplike voorligting vir opvolghantering binne die gemeenskapsgebaseerde gesondheidsdiensstelsel.

Lees binne Fondsinsameling vir Rowan beplan

Boere kry belastingskok

Foto’s: HDU hou interskole

BLADSY 3

BLADSY 2

BLADSY 12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.