Swartland gazette 31 03 2015

Page 1

Swartland

BEEF & BARREL STEAK & SEAFOOD RESTAURANT 9 Piet Retief Street, Malmesbur y.

Tel: 022 482 1372 / dine@beefandbarrel.net

Special:

Beef and Barrel Bacon and Cheese Burger in the restaurant and take away

s: Restaurant hour only R25 0 :0 11:.00 - 22

000000-ST310315

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Year 13 • 31 March 2015 | Tel. 022 482 3817

Die Malmesbury-museum het Saterdag ’n kunsmark gehou waar besoekers by die stalletjies van plaaslike kunstenaars en entrepreneurs kon rondsnuffel en rustig onder die koeltebome met ’n eetdingetjie kon ontspan. Sien nog foto’s op bl. 5 FOTO: LIZETTE SMIT

Konsepbegroting stel groot uitdagings CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - “Dit is seker die moeilikste begroting tot op hede.” So het die uitvoerende burgemeester van die Swartland-munisipaliteit gedurende ’n voorlegging van die konsep meerjarige kapitaal- en bedryfsbegroting vir 2015-’16; 2016-’17 en 2017-’18 op 26 Maart aan die raad gesê. Rdl. Tijmen van Essen sê dit is moeilike tye waarin nie net Suid-Afrika nie, maar ook die provinsie en Swartland hulself bevind. “Aan die een kant het ons om verskeie redes ’n baie lae ekonomiese groei, maar baie hoë verwagtinge, nie net wat ‘polities’ geskep word nie, maar ook ingevolge die Nasionale Ontwikkelingsplan.” Hy sê egter hy glo die munisipaliteit het wel daarin geslaag om ’n begroting op te stel waarin die armstes van die armes en infrastruktuur

aandag sal geniet. Van Essen het onder meer ook ’n voorlegging gedoen oor die residensiële sosio-ekonomiese projek (RSEP) waartydens woongebiede in Wesbank en Illingelethu verfraai en opgradeer sal word. Die eerste van hierdie beplande projekte sal in die nuwe finansiële jaar met ingang van Julie geïmplementeer word. Van Essen het benadruk die spoed waarteen die plaaslike bevolking groei dra daartoe by dat die uitdagings om die gebied goed te bestuur al hoe groter word. Daar is 113 762 inwoners met die 2011-sensusopname aangeteken, maar word voorspel dat die Swartland vanjaar 120 314 inwoners gaan bereik. Sowat 25% van hulle is volgens navorsing tussen 0 en 14 jaar oud, wat kommer wek in terme van onder meer die tekort aan skole. Die konsep kapitaalbegroting vir die 2015-’16 finansiële boekjaar beloop R93 325 408 waarvan R33 miljoen van die departement van menslike

nedersettings kom, sowat R28 miljoen uit die kapitaalvervangingreserwefonds en R20 miljoen van die nasionale tesourie vir infrastruktuurontwikkeling kom. Die begrote bedryfsinkomste beloop R565 422 353 met ’n begrote uitgawe van R573 391 198 wat ’n verwagte bedryfstekort van R7 968 844 laat. Die Swartland-munisipaliteit se kapitaalbeleggings vir die volgende boekjaar beloop R226 miljoen soos op 28 Februarie 2015. Die provinsiale en nasionale subsidies en toelaes beloop altesaam R130,6 miljoen. Die begroting vir die 2015-’16-boekjaar maak voorsiening vir ’n gemiddelde tariefverhoging van 12,20 % vir elektrisiteit. Die plaaslike tarief moet egter nog deur die nasionale energiereguleerder (Nersa) goedgekeur word. Die minister van finansies het ’n verdere heffing van R0.02 per kwh bykomend tot die normale aankoopprys van elektrisiteit wat deur Eskom ver-

skaf word aan munisipaliteite, voorgestel. Daar is nie voorsiening vir die bykomende heffing gemaak nie en is nog onduidelik of die bykomende heffing geïmplementeer sal word nie. Die voorgestelde verhoging vir standaard belastingtariewe vir residensiële eiendomme is 6%, terwyl dit vir sake-eiendomme 8% is en vir landbou-eiendom 6% is. Die aanpassings vir dienste sluit ’n maandelikse tariefverhoging in van 9,95% (R9,29 na R10,22 per kl) vir water (6-30 kl), 9% (R161,79 na R176,35) vir riool en 8% (R93,62 na R101,11) vir vullis. Altesaam 15 raadslede het ten gunste van die konsep meerjarige kapitaal- en bedryfsbegroting gestem, terwyl ses raadslede daarteen was. Die publiek kan kommentaar lewer op die konsepbegroting en voorgestelde tariewe wat by munisipale kantore en op die munisipaliteit se webtuiste beskikbaar is. Die 30 dae-begroting sal in Mei voor die raad ter tafel gelê word.

Bokomoweg 36 Malmesbury 022 482 3831

R169 900

R299 900

R236 900

GWM Steed 5 2.2 MPi D/C 5YR/ 100 000KM Warranty

GWM Steed 6 2.0 VGT SX 4X2 5YR/ 100 000KM Warranty

GWM Steed 5E Petrol 2.4

R219 900 GWM H6 1.5 T 4X2 City 5yr/100 00km warranty

R199 995 GWM H5 2.4 4X2 City 5yr/ 100 000km warranty

Double Cab XS 5YR/ 100 000KM Warranty

R179 900

GWM M4 1.5 VVT 5YR/ 100 000KM WARRANTY

R149 900 GWM Steed 5 2.2 MPI Workhorse 3yr/100 000km warranty

R169 900 GWM C50 1.5T Lux 5YR/ 100 000KM WARRANTY

R134 900

GWM C20 R 1.5 VVT 5YR/ 100 000KM WARRANTY

R144 900

GWM C30 1.5 VVT (SEDAN) 5YR/ 100 000KM WARRANTY

000000-ST310315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.