Swartland Gazette 3 July 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 3 Julie 2012 | Tel. 022 482 3817

Lees binne Paralimpiese Spele wink vir drawwer. BLADSY 2

Die lang wag: Die Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum op die grens van Wesbank en Ilingelethu op Malmesbury het gister (2 Julie) sy

Nie-winsgewende organisasie deur diewe geteiken. BLADSY 3

deure oopgemaak. Hannalie van der Westhuizen, primêre gesondheidsorgbestuurder vir die Swartland en Bergrivier, sê die personeel by dié langverwagte nuwe kliniek het verwag dat dinge op die eerste dag ’n bietjie chaoties sou wees, omdat hulle ’n geweldige toeloop van mense verwag het. Personeel het egter reggestaan om besoekers te help en flink na die regte afdelings te verwys. Lees die berig op bl. 2. FOTO: LIZETTE SMIT

Melkboere geruk ) Skielike verlaging in aankoopprys het produsente bekommerd David Engelbrecht

Swartlanders hou hulself ‘zef’ vir ’n goeie doel. BLADSY 11

MALMESBURY – ’n Skielike verlaging van tussen 50 en 75c per liter in die prys waarteen een van die land se grootste melkkopers melk by produsente aankoop, het boere erg bekommerd oor hul toekoms. Dit is in die Swartland selfs as ’n “blatante klap in die gesig” beskryf.

Die aankondiging verlede week dat DairyBelle minder vir melk gaan betaal, het opslae in die bedryf veroorsaak. Produsente probeer vasskop, maar boere met wie die Gazette gepraat het, was onwil-

lig om hul name te laat publiseer uit vrees dat vennootskappe sal skipbreuk ly. Een boer het beklemtoon dat hul hande reeds afgekap is en dat hulle nie skade aan verhoudinge kan bekostig nie. Die voorsitter van die Melkprodusenteorganisasie (MPO), Dèan Kleynhans, het wel gesê dat die prysverlaging volgens hul inligting “nie in lyn is met die marktendense nie”. Volgens Bertus de Jongh van Malmesbury, lid van die MPO, is die rede wat die koper vir sy besluit aanvoer dat daar tans te veel melk is. “Dit klop egter nie met ons syfers en inligting nie en dis hoekom ons daaroor objekteer.”

Jacques Fourie, hoof- uitvoerende beampte van DairyBelle, het bevestig dat hulle hul aankoopprys verlaag het. “Daar moet weer ’n balans gebring word met die pryse,” het hy gesê. “Melk se pryse het in die afgelope jaar (April 2011 tot April 2012) geweldig gestyg, ver bo die inflasiekoers. Daaglikse (melk)produksie het opgegaan, maar die aanvraag het nie in dieselfde mate gestyg nie.” “Ons melkprodusente kom nou uit ’n baie slegte tyd waarin pryse vir bykans vier jaar op besonderse lae vlakke was,” het Kleynhans verder gesê. “Produsentepryse het eers van November 2011 af weer be-

gin herstel. Daarbenewens is produsente vir ’n geruimte tyd al vasgevang in ’n erge kosteknyptang weens die deurlopende styging in pryse van voer, brandstof en elektrisiteit.” De Jongh het gesê dat boere “erg bekommerd is oor hul toekoms” weens ’n wye reeks faktore die afgelope jaar wat reeds meegebring het dat boere min hoop het. “Ek moet bang wees vir my bedryf as ek my stem wil dik maak, maar ek word misbruik,” het ’n Swartlandse boer wat anoniem wou bly gesê. “Soos ek nou voel, sit ons produsente met min hoop.” Lees nog ’n berig op bl. 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Gazette 3 July 2012 by Boland Gazette - Issuu