Swartland Gazette 5 Junie 2012

Page 1

Swartland

Year 10 • 5 Junie 2012 | Tel. 022 482 3817

Trotse wenners:

Lees binne

Die Swartland se o.16-vrouerugbyspan het Saterdag (2 Junie) hul wedstryd teen Bergrivier met ’n indrukwekkende telling van 31-0 gewen. Die wedstryd het deel gevorm van die Boland-vrouerugbyligadag wat op Malmesbury se rugbyveld gehou is. By die wenspan is hul trotse afrigter, Sherman Farao (met die bril op die kop). Sien nog foto’s en uitslae op bladsy 12. FOTO: LIZETTE SMIT

Pas rookwet strenger toe, vra Kansa. BLADSY 2

Swartland kry eerste vroulike raadsheer. BLADSY 3

Raadslid moet jammer sê David Engelbrecht MALMESBURY – ’n Raadslid van die Swartland Munisipaliteit het opdrag gekry om ’n openbare verskoning te laat publiseer oor ’n rassistiese aanmerking wat sy na bewering vroeër vanjaar op Facebook gemaak het.

Die raad het tydens ’n raadsvergadering verlede Donderdag (31 Mei) op die verskoning besluit nadat die Reëlskomitee van die Swartland Munisipaliteit op 21 Mei beslis het rdl. Felicia Humphreys het die gedragskode vir raadslede oortree. Dit spruit uit ’n Facebook-opmerking wat sy na bewering op 21 Maart gemaak het na ’n indaba oor plaaslike ekonomiese ontwikkeling waar ’n lid van die publiek glo in ’n woordewisseling met munisipale amptenare betrokke was. Raadslede het in Donderdag se vergade-

ring ten gunste van die openbadie kode wel oortree is en dat re verskoning gestem, terwyl sy skriftelik aan die burgedie ANC, vir wie Humphreys meester om verskoning moes ’n proporsionele raadslid is, vra. ’n Aanbeveling dat Humdaarteen gestem het. Die bephreys die openbare verskosluit is met 13 stemme teenoor ning moet laat plaas, is verder sewe aanvaar. by die gewone raadsvergadeDie saak is aanvanklik op 29 ring verlede Donderdag aanMaart onder die raad se aanvaar. dag gebring toe die uitvoerenVolgens Joggie Scholtz, mude burgemeester, rdh. Tijmen nisipale bestuurder, word van Essen, ’n uittreksel van die Humphreys nou skriftelik van Facebook-opmerking aan die Rdl. Felicia Humphreys die besluit in kennis gestel, raad voorgehou en dit by die waarna sy 14 dae het om te apwaarnemende speaker vir daardie dag, rdh. pelleer. Die skriftelike verskoning moet na Maude Goliath, ingedien het. die appèlperiode binne 21 dae geplaas word. Rdl. Harold Cleophas se aanbeveling dat Rdl. Desmond Philander, hoofsweep van die aangeleentheid na die Reëlskomitee ver- die ANC in die Swartland, het na die vergadewys moes word om te bepaal of dit ’n oortre- ring aan die Gazette gesê die party verwelding van die gedragskode vir raadslede was, kom nie die besluit nie. Hy sê dat ’n verskois aanvaar. Dié komitee het toe bevind dat ning in die media die impak van die opmer-

king sal vererger, na aanleiding van die kommentaar wat hy reeds gesien het toe die uitlating op Facebook gemaak is. Hy het egter bygevoeg die party se belang is steeds by sy medeburgers. “Ons wil nie hê dat sulke uitlatings moet gebeur nie. Die pad na versoening moet steeds voortgaan.” Humphreys het in haar verskoning wat in die raadsagenda gepubliseer is gesê: “Ek as beskaafde mens (is) bereid om verskoning te vra indien ek enige persoon deur my Facebook-status te na gekom het. Ek vra dus hiermee onvoorwaardelik om verskoning (vergifnis) en dat ons hierdie onaangename gebeurtenis agter ons sit. Ek doen dit omdat ek as Christen ’n God dien wat regverdig is en die waarheid liefhet.” Humphreys het by navraag aan die Gazette gesê sy wil in hierdie stadium nie meer kommentaar lewer as haar verskoning wat in die raadsagenda vervat is nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Gazette 5 Junie 2012 by Boland Gazette - Issuu