Swartland gazette 9 sept 2014

Page 1

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Die Swartland se plaaswerker van die jaar is Theodora Robinson van Goedgedacht. Links is Johann Hagen van Shoprite, wat een van die borge vir die kompetisie was, en regs is Wes-Kaapse minister van landbou, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde. FOTO: LI­

Year 12 • 9 September 2014 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Swartland Skou vir almal!

ZETTE SMIT

Top­plaaswerker vanjaar ’n vrou LIZETTE SMIT GROENRIVIER - Die wenner van die gesogte Swartland Plaaswerker van die Jaar-kompetisie is Theodora Robinson van Goedgedacht in die Riebeek-distrik. Die sertifikaat-oorhandiging is verlede Vrydag op die plaas Groenrivier buite Riebeek-Wes gehou, waar die finaliste van die kompetisie saam met Alan Winde, die Wes-Kaapse minister van landbou, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Johann Hagen van Shoprite en die uitvoerende burgemeester van die Swartlandmunisipaliteit, Tijmen van Essen, middagete kon geniet. Die Swartlandse deel van hierdie kompetisie, wat landswyd gehou word, word geborg deur die Swartland Wyn- en Olyfroete, Shoprite en die departement van landbou. Winde het in sy toespraak gesê dat elke plaaswerker wat ingeskryf het, ongeag of hulle met die prys huis toe gaan of nie, ’n wenner is en alle werkers aangemoedig om volgende jaar in te skryf. Hy het gesê die plaaswerker-kompetisie is deel van die Wes-Kaapse regering se doel om inwoners trots op landbou te maak. Verlede jaar se wenner, Levi Rode,

het hierby aangesluit en plaaswerkers aangemoedig om trots te wees op wie hulle is en waar hulle vandaan kom. “Mense kan neerhalend oor plaaswerkers praat, maar as hulle die yskas oopmaak, sien jy ons daar binne,” het hy spottenderwys gesê. Robinson (27) is op ’n plaas in Porterville gebore, en werk as finansiële klerk op Goedgedacht. Tydens ’n onderhoud met haar, wat tussen die hoofgereg en nagereg gehou is, het sy vertel hoe straf die kompetisie is en hoe uitdagend sy die onderhoudsvrae gevind het. Ten spyte hiervan moedig sy alle plaaswerkers aan om vir die kompetisie in te skryf. Robinson sê sy reik altyd na hoër hoogtes en vertel hoe hierdie kompetisie nóg ’n manier is om daar te kom. Sy is selfversekerd wanneer sy gesels oor wat sy dink moontlik die deurslag gegee het sodat sy die kompetisie gewen het. “Ek is ’n baie gemaklike mens en kan in enige situasie aanpas. Ek is buigsaam en stres nie maklik nie.” In haar onvoorbereide toespraak ná sy as wenner aangewys is, het sy vertel van ouers wat haar streng grootgemaak het en hoe sy vandag die vrugte van dié dissipline pluk. Sien nog wenners van hierdie kompetisie op bl. 2.

Gabrie en Lené Loubser van Moorreesburg was ook by die Swartland Skou wat die afgelope naweek op Moorreesburg gehou is. Hulle albei is baie lief vir diere en Gabrie het hierdie kalf gemaklik hanteer. FOTO: NICOLE CLOETE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.