Swartland Gazette 20150303

Page 1

Swartland

Sedert 1954 Since

022 482 4766 • salesm@lategans.co.za • www.lategans.co.za X1PTHTUM-ST030315

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT

Year 13 • 3 March 2015 | Tel. 022 482 3817

nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za

Darling pars druiwe Darling-kelder het Saterdag hul jaarlikse parsdag gehou om die einde van die parsseisoen te vier. Honderde besoekers het die geleentheid gekry om agterop waens na ’n nabygeleë wynplaas te ry waar hulle hul eie druiwe kon pluk wat later op die tradisionele manier met voete in wynvatte gepars is. Sien nog foto’s op bl. 7. FOTO: LIZETTE SMIT

Regering wys sy ondersteuning vir KSO’s CHARLOTTE LESCH

MALMESBURY - Die 2015-begrotingsrede, wat verlede Woensdag gelewer is, het gemengde gevoelens na vore gebring. Baie Suid-Afrikaners gaan hoes nadat persoonlike belasting vir middel- en hoër inkomstegroepe verhoog is. Aan die positiewe kant is die regering se inisiatiewe om klein- tot middelgroot sakeondernemings te ondersteun deur onder meer verlaagde belastingkoerse, in dié kringe verblydend om te hoor. Die Gazette het by plaaslike ondernemings en die sakekamer gaan aanklop om te hoor of hulle dink die regering doen genoeg om te help én wat dit vir die plaaslike ekonomie beteken. Werner Schreiber, voorsitter van die Malmesbury Sakekamer, sê hulle

was voor die tyd bewus daarvan dat die brandstofprys aangepas sou word, maar die 80c-verhoging was ’n verrassing. Dit op sigself het ’n groot invloed op ’n oorwegende landbougemeenskap soos Malmesbury. Volgens Schreiber is een van die min pluspunte in die begrotingsrede die verlaging van belastings vir klein besighede. “Daar is besluit om die belastingkoerse vir klein besighede aansienlik te verlaag. Die idee is om deelname van klein besighede in die ekonomie aan te wakker.” Die omset-belastingkoers vir klein besighede se kwalifiseringsdrumpel is verhoog vanaf R150 000 tot R335 000. Klein besighede wie se omset binne hierdie raamwerk val, word dus aansienlike belastingverligting gegee, verduidelik Schreiber. “Klein besighede, wat die ekonomie wil betree, word aangemoedig om hul entrepreneurskap uit te oefen

sonder die druk van groot belastingkopsere.” Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal ook voortaan hulptoonbanke vir kleinsakeondernemings in sy belastingkantore inrig. Schreiber se advies is egter dat mense wat hul besighede begin, vooraf grondige kennis inwin van hoe belastings werk en hul boekhouers of ouditeure en banke raadpleeg vir raad in hierdie verband. Oddette Boshoff van De Jager Boshoff en Vennote meen die begroting in geheel is kommerwekkend, omdat die regering nie genoeg aandag aan hul eie spandering gegee het nie en dit eerder moet beperk om die begroting te laat klop. Sy sê verder dat ondersteuning van die regering vir kleinsakeondernemings raakgesien word, maar nie genoeg is nie. Boshoff voeg by ondersteuning moet baie wyer uitkring in terme van nakomings-

pligte, die administratiewe sy daarvan en burokrasie wat daarmee gepaard gaan. Johan Notnagel van Prima Groep op Malmesbury beskou die regering se inisiatief om die klein sakeondernemings te ondersteun, as ’n goeie ding. Oor die tydperk van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk sal die departement van kleinsake-ontwikkeling ’n bedrag van R3,5 miljard bestee aan mentorskap en opleiding vir kleinsakeondernemings. Konsultante is van mening die geld sal grotendeels na staatsdepartemente gaan wat klein sakeondernemings help ontwikkel. Notnagel sê egter daar heers kommer dat dit moontlik burokrasie kan meebring wat nie nou nodig is nie. Sarel Visser, internasionale sakeman van Malmesbury, en mede-eienaar van Grovation, sê hy is bly die regering wys inisiatief om kleinsa-

keondernemings te help. Hy meen egter die regering doen nie genoeg nie “Die regering probeer hard en sien waarde daarin om kleinsakeondernemings te ondersteun. Die spoed waarmee hulle dit doen is egter te stadig en die durf nie genoeg nie.” Visser meen belasting is nie eintlik die klein besighede se probleem nie, want nie almal het voorheen genoeg wins gemaak om voordeel hieruit te kan put nie. Die 2015-begroting voorsien ook aan huiskopers in die middelinkomstegroep verligting wat die betaling van hereregte betref. Hereregte op eiendom wat onder R750 00 kos, verval. Daar is ook ’n verlaging op hereregte op eiendomme van onder R3 miljoen. Simon Mouton, eienaar van Seeff op Malmesbury, sê dit is ’n goeie ding vir die eiendomsmark op Malmesbury, omdat die meerderheid van huise onder R2,5 miljoen bemark word.

Ford Ranger WildTrak 3.2 SLEGS 4 IN VOORRAAD!

4x4 Auto

Eksklusiewe Barloworld aanbod was R555 150

Ons prys

R499 000 plus afleweringskostes.

**Totale bedrae aangedui, uitsluitende die fooie en rente, deposito en opsionele voertuig-ekstras, wanneer gefinansier deur FFS. Onderhewig aan kredietkontrolering en goedkeuring. FFS Finance Suid-Afrika (Edms.) Bpk., wat ahandeldryf as Ford Krediet, is ’n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FSP 31946) en Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP 72).

Ford

BARLOWORLD FORD: 255 Durban Road, Tygervalley Carlo Havemann - Tel: 021 910 7050 | Cell: 082 495 3318 | Email: carloh@bmh.co.za

Go Further

X1PTH8RH-ST030315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.