Theewaterskloof gazette 10 sept 2013

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 10 September 2013 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Onverwagte ‘uitstappie’ op R406

NIE JOU GEWONE SONDAG-UITSTAPPIE NIE: Dié motor van Stephan Brandt van Pinelands het Sondag 8 September op die R406 tussen Villiersdorp en Genadendal in vloedwater vasgeval. As gevolg van die swaar reëns die afgelope tyd in die Overberg-distrik het die Theewaterskloofdam oorspoel. Volgens die hoof van paaie by Overberg-distriksmunisipaliteit, Mannie van Eeden, weet hy nie wanneer die watervlak gaan daal en die pad weer oop sal wees vir verkeer nie. Intussen moet mense van alternatiewe roetes gebruik maak. Aangesien dit so gereeld gebeur word die aangeleentheid met die provinsiale departement van vervoer opgeneem. Die dam is tans 107% vol. Die bestuurder van die Theewater-sportklub, Leon Deacon, sê daar is geen waterskade by hulle nie, maar laasweek moes hulle van hul karavane skuif na ’n plek wat nie so deurdrenk is nie. “As die watervlak so hoog is, bring dit juis meer mense na die sportklub,” sê Deacon. FOTO: LEANNE STANDER (FOTO24)

Publiek gemaan: Wees paraat! ORA LAUBSCHER In die lig van die skerp toename in inbrake in die groter Kaap Agulhas-streek, het die Bredasdorp-polisie ’n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om voortdurend op hul hoede te wees, om veiligheidsmaatreëls te verskerp, verdagte persone en voertuie te rapporteer en selfs te oorweeg om kameras te installeer om wonings en veral besighede te beveilig. Dit volg na gevalle van roof en diefstal asook huisbrake in Bredasdorp en Napier asook Arniston drasties toegeneem het. Items wat sonder uit-

sondering gereeld op die lys van gesteelde items voorkom sluit in kontant, duur selfone, DVD-spelers, skootrekenaars, kameras en platskerm-televisiestelle. Volgens lt.kol. Maré Louw, bevelvoerder van die Bredasdorp SAPD, is en bly dwelmgebruik die grootste enkele euwel. “Mense soek geld vir dwelms en steel en breek dan in,” het sy gesê. “Vakansiegangers is ook veels te gerus wanneer hulle kusdorpe besoek.” Al is daar ’n hele aantal inbrake en gevalle van diefstal en selfs roof aangemeld, is heelwat gesteelde goedere teruggevind en mense in hegte-

nis geneem. Toegang is in die meeste gevalle tot die persele verkry deur vensters, deure en selfs veiligheidshekke oop te forseer. In een geval is ’n klein venstertjie oopgebreek om die sleutel wat in die slot gesteek het, uit te haal en so die huis binne te gaan. In baie van die gevalle was die huismense tuis en salig onbewus dat inbrekers aan die ander kant van die huis doenig is. In een besondere geval op Napier is die deur van ’n karavaan oopgebreek terwyl die klaer geslaap het. Toe hy die volgende oggend wakker word, was sy stewels weg. Op Donderdagaand 29 Augustus is die munisipale kantore van die Kaap Agulhas-munisipaliteit ook deur

nagtelike inbrekers beskadig. Hulle het vensters gebreek en so toegang tot die ingangsportaal verkry. Van hier af is hulle na die area waar die kassiere sit en ’n veiligheidsdeur is in die proses oop forseer. Geen munisipale toerusting is buitgemaak nie, maar die booswigte kon na wat verneem word daarin slaag om met kontant wat aan die sosiale klub behoort op die vlug te slaan voordat die polisie en die personeel van die sekuriteitsmaatskappy op die toneel aangekom het. ’n Lid van die gemeenskap het op sy beurt versoek dat daar meer aandag gegee moet word aan diegene wat tik en ander dwelms inbring as aan

die gebruikers van hierdie dwelms wat van tyd tot tyd met klein hoeveelhede vasgetrek en in hegtenis geneem word. Die polisie werk onverpoosd om die belhamels op te spoor wat verantwoordelik is vir dié oortredings. Volgens kapt. Sakkie January van die Bredasdorp-polisie moet inwoners en besoekers meer paraat wees en baie hoër prioriteit gee aan voorsorgmaatreëls om eiendom, besittings en die lewens van gesinslede te beveilig. “Misdadigers is opportuniste en sal sonder twyfel die geleentheid om misdaad te pleeg met albei hande aangryp, sou so ’n geleentheid homself voordoen”, sê January.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.