Theewaterskloof gazette 11 junie 2013

Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Wellington VO Brandy

R89.99

750ml + gratis 1L Coke

NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18.

Skakel 028-212 2224 Year 3 • Tuesday 11 June 2013 | Tel. 028 214 1294

Suid­Afrika . . .

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

. . . tot Singapoer

Hierdie groep leerlinge van Laerskool Overberg en Laerskool Beaumont vertrek eersdaags na Singapoer om aan ’n musiekblyspel deel te neem. Hier is: (voor van links) Amy Adonis, Zara Vermeulen en Natalie Frohmann; (tweede ry) Jessica Henry, Blain Coetzee, Connot Joseph, Pam Langeveld, Emma Walker, Camlynn Timmie, Chelsea Williams, Britney Philander, Jesua Lourens en Leon Calitz; (derde ry) Jarryd Boyes, Skye Bullen, Nevé Schagen, Dean Jacobs, Jin Kim, Nina Smit, Mené Groenewald, Melinda Mieny, Marla Huisamen, Jodie Ellenberger, Lientjie van Nikeker, Rosemary van Driel, Yinzi Williams, Nicholas van Rensburg en Robin Hess; (agter) Elena Mitchell, Johnnie Solms, Edward van Antwerpen, Marcel Pheiffer, Ruan Lamohr, Jolene Smit, Gorden Reddell, skoolhoof van Laerskool Beaumont, Marius Koekemoer, skoolhoof van Laerskool Overberg, Ingrid Koekemoer, Lana Els, Barend du Toit, Lara Burger, Michael Delport, Shané Wilken en Amy Noyce. FOTO: SA SCHOOLS PHOTOGRAPHY

Grabouw verloor steunpilaar

ANNETTE THERON

’n Onselfsugtige man, wie se deur altyd vir gewone inwoners in nood oopgestaan het, se dood sal ’n tasbare leemte in Grabouw agterlaat. Dít is hoe inwoners Manie Damon beskryf het ná hy Sondag (9 Junie) in die vroeë oggendure op 43-jarige leeftyd aan hartversaking oorlede is. Damon het diep spore in die plaaslike politiek getrap. Hy was streeksverteenwoordiger van die ANC in die Overberg en lid van die WesKaapse uitvoerende komitee. Dié gebore Grabouwer het egter reeds in die vroeë tagtigerjare as werknemer by Applewaithe betrokke geraak by vakbonde, sê Paulus Julies, sy boesemvriend.

Damon was in 1990 verantwoordelik vir die stigting van die South African Agriculture Paper Printing Allied Workers Union (SAAPPAWU), wat landwyd uitgebrei het en vandag by Cosatu geaffilieer is. Hy het in 1995 in die Oorgangsraad begin dien, daarna was hy raadslid in die Theewaterskloof en uiteindelik ook in die Overberg-distriksmunisipaliteit. Hy het die afgelope drie jaar met sy gesondheid gesukkel. Boodskappe van medelye en skok het gister uit alle oorde ingestroom en op sosiale netwerke is hy herhaaldelik beskryf as ’n man na wie ’n mens kon opkyk. “Hy het nooit toegelaat dat politieke geskille sy kiesers nadelig beïnvloed nie,” het Christelle Vosloo, voorsitter van die DA-kiesafdeling in die Theewaterskloof gesê. “Die DA het met leedwese kennis geneem van

geword het nie, hy het die afsterwe van Maoneindig geduld genie Damon. Hy het ’n had. Sy passie vir puik verhouding met mense was fenomealle politieke partye naal.” gehandhaaf.” Raadsheer Chris “Manie was ’n onPunt, uitvoerende selfsugtige persoon burgemeester van die wat nie vir homself Theewaterskloof-mudinge toegeëien het nisipaliteit, het gesê nie, maar hoofsaakDamon het ’n belanglik gefokus het op die rike bydrae gelewer regte van plaaswerkers en veral die ge- Manie Damon se dood het die om alle dorpe in die meenskap van Gra- gemeenskap in rou gedompel munisipale gebied onder een administrasie bouw,” het Julies hom beskryf. “Mense het daagliks na byeen te bring. “Met sy afsterwe was hy nie ’n lid Manie gestroom ten opsigte van plaasuitsettings, onbillike afdan- van die huidige raad nie, maar hy kings en onderhandelinge met plaas- was ’n gerespekteerde en sterk politiboere en sy deur het altyd oopge- kus wat sy gemeenskap met onderskeiding gedien het. Sy dood laat ’n staan, selfs op sy siekbed. “Hy was iemand wat nooit kwaad leemte en ons betuig ons meegevoel

aan sy naastebaandes.” Anthony Appel, lid van die uitvoerende komitee van die ANC in die Overberg wat Damon in 1993 ontmoet het, sê Damon was ’n kenner van munisipale en arbeidswetgewing en het kliphard vir die regte van plaaswerkers geveg. Damon het in die Groenland-gebied grootgeword en in Grabouw skoolgegaan. Hy is in die laat tagtigerjare met Henrietta getroud en twee kinders, Ashley (24) en Madelein (19) is uit die huwelik gebore. Eerskomende Saterdag word ’n diens by Damon se huis in Grabouw om 07:30 gehou en om 08:30 by die Nuwe Apostoliese kerk in Pineview in Russelstraat. ’n Huldeblyk aan Damon sal Donderdag 13 Junie om 18:30 by Hoërskool Groenberg gehou word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.